Resensies van Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.35 uit 5 gekry volgens 6821 resensies.
Cobus R. - 26th May 2021
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Dis jammer die provinsie en stad (Bloemfontein) het so verval, ek is gebore Vrystater en dit breek my hart. Glo nog altyd Bloemfontein en die Vrystaat het BAIE meer om toeriste te bied as wat tans beskikbaar is.
Andre En Anita R. - 25th May 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Ons was al daar, maar dit was dié keer net nie dieselfde nie. Al die winkels was nie oop nie en die ander het ons nie aangestaan nie. Van die eetplekke was al vroeg toe - het wel toe plekkie gekry en lekker geëet.
Awie C. - 25th May 2021
staying in Parys, Vrystaat
Absoluut fantastiese dorp en mense baie behulpsaam.
Gert B. - 25th May 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Die dorp se strate nodig aandag.
Harsha B. - 25th May 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is a quaint and lovely little town. Support local tourism and look for an adventure every day that you are there. Treasures are bound to find you.
Margaret L. - 24th May 2021
staying in Rosendal, Vrystaat
'n Goeie koffiewinkel wat fokus op koffie sal great wees!
Neill I. - 24th May 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Die beste plekkie met die mooiste uitsig.
Annelize S. - 24th May 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Asemrowend mooi om die dorp en die lekkerste atmosfeer in die dorp. Beslis 'n meer gereelde plekkie om te besoek.
Sasha-lee W. - 24th May 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Dis pragtig.
Louise S. - 24th May 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n moet. Lekke plek.
Adele V. - 24th May 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Verskeidenheid van plekke om te eet en kuier. Wonderlike winkels en pragtige omgewing.
Doreen A. - 23rd May 2021
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Interessante winkels, restaurante en museums, maar die stad het bestuursprobleme.
John H. - 23rd May 2021
staying in Bethulie, Vrystaat
Disappointingly run-down and neglected.
Steven V. - 23rd May 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Gaan in die week, naweke is die hele JHB en PTA daar, dan rus jy.
Jimmy And Sandi G. - 22nd May 2021
staying in Bethlehem, Vrystaat
Bethlehem roads are shocking.
Anita O. - 20th May 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens bly een van die top-toeristebestemmings in ons land.
Gerrit K. - 20th May 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Fantasties.
Bettie V. - 20th May 2021
staying in Bethlehem, Vrystaat
Dit is my geboortedorp en alhoewel die strate nie na wense is nie, bly dit 'n pragtige plek.
Jacques D. - 20th May 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Baie mooi natuur.
Malcolm En Annamarie S. - 19th May 2021
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Die bietjie wat ons gesien het, was aangenaam en mens sal graag meer van Bloemfontein wil ondervind.
Beatrice D. - 19th May 2021
staying in Harrismith, Vrystaat
Sal eendag daar wil rondry en kyk hoe dit werklik lyk. Ons ry net altyd daar verby.
Willie S. - 19th May 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Daar is baie besienswaardighede in en om Clarens en 'n moet vir elke toeris.
Niel V. - 19th May 2021
staying in Rosendal, Vrystaat
Die teerpad Rosendal toe is moeilik en vol slaggate, maar dis die moeite werd. 'n rustige, mooi dorpie vol kreatiewe mense.
Izak V. - 19th May 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Bietjie duur geword.
Cecelia T. - 18th May 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Ons het opgelet dat Clarens in die 4 jaar wat ons laas daar was tot nou toe sy rustige stil strate en restaurante verloor het.
Charlene P. - 18th May 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Ons was mal oor Clarens. So mooi en so baie om te doen! Oulike en unieke winkeltjies! Sal verseker binnekort weer gaan besoek!
Correy S. - 18th May 2021
staying in Clarens, Vrystaat
This is where I go when the noise of he city and everyday work life gets too much. A place to wind down, stroll around the square in the town and enjoy the curious small shops, or the many art galleries, or take a slow drive through the Golden Gate National Park and drink in the magnificent beauty of the sandstone cliffs.
Ashley W. - 18th May 2021
staying in Kroonstad, Vrystaat
Ek het lank hier gebly en die verval van die dorp is hartverskeurend. Daar is eintlik heelwat om te doen en hopenlik begin die stadsraad nou met verskeie opknappings.
Ulrich V. - 18th May 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Bietjie afgemat.
Maryke B. - 18th May 2021
staying in Parys, Vrystaat
Baie oulike plek met baie mooi goed.
Ineke K. - 18th May 2021
staying in Philippolis, Vrystaat
Ongeveer 10km buite Philippolis in 'n craft beer plek, Waterkloof Brewery. Heerlik gekuier met lekker "craft" bier en gin. Beslis die moeite werd om hier te stop.
Alti K. - 18th May 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Ons gaan keer op keer terug Clarens toe, dit is altyd 'n aangename kuier!
Edith Kelebogile L. - 18th May 2021
staying in Clarens, Vrystaat
A great place to visit if they can close restaurants around 20:00 on Sundays.
Danie D. - 18th May 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Soveel mooi. Asemrowende natuurtonele, baie om te doen. Heerlike eetplekke, oulike winkeltjies.
Vanessa T. - 18th May 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Heaven on earth.
Marinda L. - 17th May 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtige natuur en interessante winkels.
Elizabeth N. - 17th May 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n lieflike dorpie om te ontspan en die buitelug en buitelewe te geniet.
Nicole W. - 17th May 2021
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Koud!
Stiaan O. - 17th May 2021
staying in Parys, Vrystaat
Dis 'n baie mooi en rustige dorpie.
Monika H. - 17th May 2021
staying in Parys, Vrystaat
Baie lekker plek om 'n naweek weg te reël.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]