Resensies van Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.35 uit 5 gekry volgens 6821 resensies.
Anton V. - 1st November 2017
staying in Parys, Vrystaat
Maandae en Dinsdae is die meeste eetplekke gesluit.
Theo & Mandi K. - 1st November 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Om die Asrivier se 'uitval' te gaan bekyk is 'n moet vir almal. Skaars 9 kilometer op die Bethlehempad vanaf Clarens. Sien die 6-meter 'Caledon-Tonnel' pype wat water teen verbasende spoed uit die berg spoeg oor 'n reeks 'weiers' om die spoed af te bring. Golden Gate se hotel en stap roetes is ook 'n skamele 20 km verder op die R712 na Harrismith. Fantasties om na 'n verfrissende stap daar te stop vir 'n rooibos tee en soetigheidjie. Ficksburg se kersie-fees sal ook 'n moet wees in Desember.
Lida M. - 31st October 2017
staying in Westdene, Vrystaat
Baie sentraal geleë, veral vir ons wat kom om sake te doen.
Mariaan J. - 31st October 2017
staying in Senekal, Vrystaat
Lief die natuur, my tuisdorp.
Ané V. - 31st October 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Te veel nuwe geboue. Pas nie by die atmosfeer van Clarens nie.
Gino D. - 31st October 2017
staying in Parys, Vrystaat
Mooi gholfbane.
Jenny V. - 30th October 2017
staying in Ventersburg, Vrystaat
If you are a keen birder then Ventersburg is close to the Willem Pretorius Game Reserve which has good birding and animals.
Marion T. - 30th October 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtige dorpie met die mooi berge.
Annatjie D. - 30th October 2017
staying in Winburg, Vrystaat
'n Verrassend netjiese dorpie. Doen jou huiswerk voor die tyd. Hier lê baie geskiedenis.
Antonie S. - 30th October 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtige dorp en lekker restaurante.
Michelle S. - 30th October 2017
staying in Parys, Vrystaat
'n Baie oulike toeristedorpie met heerlike restaurante.
Anita V. - 30th October 2017
staying in Clarens, Vrystaat
‘n Moet vir almal!
Jan R. - 30th October 2017
staying in Clarens, Vrystaat
'n Rustige en pragtige dorp.
Andre V. - 30th October 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Puik wegbreekbestemming!
Hermann L. - 27th October 2017
staying in Parys, Vrystaat
Sentrale, avontuurlike toeriste dorp met interessante kunsplekke en uitstekende restaurante. Jimmy Jaggers en O's verdien vermelding. O's restaurant se spyskaart is top, topgehalte en die kos is werklik uitstekend voorberei. Parys word swak bemark en verdien om gesien en ervaar te word. Dit is uiters sentraal vir Pretoria, Johannesburg, Bloemfontein en naby geleë plekke bv Potchefstroom, Klerksdorp, Welkom, Kroonstad, ens.
Alwyn W. - 27th October 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Baie mooi plek. Kan beslis aanbeveel om te besoek.
Karl N. - 26th October 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Quaint village, friendly people. The streets need maintenance. Very pleasant.
Ada V. - 25th October 2017
staying in Bethlehem, Vrystaat
'n Baie mooi en netjiese dorp met 'n pragtige mall.
Michael W. - 25th October 2017
staying in Kroonstad, Vrystaat
Die paaie is erg in baie dele van die dorp.
Johannes V. - 25th October 2017
staying in Parys, Vrystaat
A bit expensive but the area is beautiful in every sense of the word, so well worth it.
Leandre W. - 24th October 2017
staying in Waverley, Vrystaat
Pragtige omgewing, naby Oeliewenhuis Museum en selfs naby 'n winkelsentrum geleë.
Tanya M. - 24th October 2017
staying in Langenhovenpark, Vrystaat
Goeie, veilige omgewing.
Angel A. - 23rd October 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Perfect place for a long weekend. Great cycling, coffee and scenery.
Yolinda S. - 23rd October 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Wonderlike dorpie wat ek vir enigeen wat bietjie uit die stad se gedruis wil wegbreek sal aanbeveel. Lekker vermaak vir groot en klein.
Christo V. - 23rd October 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is seker een van die mooiste juwele in Suid Afrika.
Frikkie D. - 23rd October 2017
staying in Philippolis, Vrystaat
Plekke is nie 24-uur per dag oop nie. Die museums is nie oop op Sondae nie.
Marnus S. - 23rd October 2017
staying in Harrismith, Vrystaat
Ek het die Platberg trail run gedoen tydens my verblyf en dit was van die beste (en mees bekostigbare) trail run wat ek al ooit gedoen het. Die Gibson dam is werklik fantasties om te aanskou.
Tina B. - 23rd October 2017
staying in Vrede, Vrystaat
Vrede Hotel se restaurant is fantasties.
Stephan V. - 23rd October 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Verskriklike lekker dorpie om te gaan ontspan veral met al die "craft beer" en self gestookde gin. Sal enige tyd weer gaan kuier vir die verskriklike vriendelike mense en die feit dat Clarens so naby die Golden Gate is maak dit soveel meer spesiaal.
Elizabeth B. - 22nd October 2017
staying in Harrismith, Vrystaat
Platberg was uitputtend maar wonderlik en uitsig asemrowend. 'n Moet klim. En almal in Harrismith is vriendelik.
Linda K. - 21st October 2017
staying in Clarens, Vrystaat
As jy eers Clarens leer ken het, begin jy verlang as jy lanklaas daar was.
Leonard H. - 20th October 2017
staying in Kroonstad, Vrystaat
Wat sê mens van die eens pragtige dorp wat so verval het? Lily's poetry, die Arcadia restaurant en Casa la Gracia maak 'n besondere verskil.
Andra B. - 20th October 2017
staying in Spitskop, Vrystaat
Dis pragtig om die leeus te kon hoor brul in die nag!
Laura H. - 20th October 2017
staying in Westdene, Vrystaat
Mooi dorpie.
Charles W. - 20th October 2017
staying in Parys, Vrystaat
Alhoewel dit skoolvakansie was, het meeste winkels en eetplekke teen 17:00 gesluit. As vreemdelinge in Parys moes ons maar vir Dr. Google nader om 'n restaurant te soek wat darem 19:00 nog oop is.
Etna V. - 20th October 2017
staying in Universitas, Vrystaat
Baie goed.
Matthew M. - 19th October 2017
staying in Harrismith, Vrystaat
Always love the Mountains of Harrismith.
Frikkie S. - 19th October 2017
staying in Parys, Vrystaat
Baie mooi dorpie met lekker winkels vir die vrouens.
Lynette B. - 19th October 2017
staying in Bothaville, Vrystaat
'n Rustige, klein plekkie.
Joan S. - 18th October 2017
staying in Langenhovenpark, Vrystaat
Langenhovenpark is 'n baie rustige area in Bloemfontein. Langenhovenpark het alles wat mens benodig: restaurante, winkels en die bekende Boeremark op Sondae. Langenhoven is ook 'n baie veilige area.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]