Geverifieerde Resensie
Vrystaat
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vrystaat bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7732 resensies.
"Die winkels is baie steriotipies. Ons het 'n groter verskeidenheid verwag. Die restaurante wat ons besoek het was baie goed, wel effens oorprys."
"Goed gevestigde omgewing met 'n keuse van inkopiesentrums. Rustig en veilig."
"Ons sesde besoek. As die Hemelse Vader ons spaar sal ons weer volgende jaar kom kuier."
"Rustige buurt met alles wat jy nodig het. Hoef nie eers in te gaan stad toe nie."
"Parys is 'n juweel. Die antieke ware. Die kultuur. Ek het 'n stukkie van my hart daar verloor!"
"Ek dink soms Parys bestaan net uit een of twee mooi strate. Die dorp is nie baie skoon nie. Die water ongelukkig ook nie. Maar dit bly nog steeds 'n lekker plek om te besoek. Altyd 'n vriendelike gesig en nog ietsie interessants om te sien. "
"Lieflike dorp met 'n besonderse atmosfeer. Sal 'n besoek aan Clarens enige tyd vir vriende aanbeveel."
"Pragtige dorpie. Mooi kunswerke. Natuurskoon is asemrowend mooi deur ons Skepper geskilder."
"Nog net deurgery. Nie gekuier in Bethlehem nie. Ons gaan gewoonlik Clarens toe vir 'n familiewegbreek."
"Clarens is 'n pragtige plek. 'n Mens voel tuis en dis baie aangenaam daar. Dit is ook duidelik dat daar moeite gedoen word om die dorp mooi en netjies te hou. Clarens is beslis 'n oase in daardie omgewing en die inwoners kan trots wees op hul dorp."