Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7951 resensies.
"Dis 'n wonderlike dorp vir 'n wegbreeknaweek. Soveel interessante winkels en eetplekke. Dit laat my dink aan Kalkbaai in die Weskaap, net sonder die see."
"Awesome. Goeie diens van die eetplekke. Die mooiste goeters in al die winkeltjies en die omgewing is pragtig. Dit is 'n weer-soontoe-gaan werd."
"Lekker wegbreeknaweek vir volwassenes. Kinders gaan dalk verveeld wees. Perfekte oorstop op pad kus toe. Besoek gerus Môreson Ranch om die hoekie om kinders gelukkig te hou."
"Kuier altyd lekker in Clarens. Mooi omgewing, mooi winkeltjies en lekker kos! Naby genoeg aan Pretoria vir 'n naweek-uitstappie."
"Hou baie van die area, soek gereeld nuwe blyplekke, sodat ons die berge kan gaan besigtig. Hou daarvan om by plaas-akkommodasie plek te soek."
"Awesome place! One of my favourite, quiet, peaceful little towns with joy. "
"Paar minute se ry vanaf Makro. Ideaal vir ons plattelanders."
"Sal graag weer wil terug gaan. Daar is soveel winkeltjies en restaurante wat ek nog wil besoek. Dis 'n juweel van die Vrystaat!"
"Kan nie glo dit was 'n Kwêla dorp van die jaar 2013 nie, want die dorp self is baie verwaarloos."
"Vriendelike mense en soveel bedagsaamheid teenoor ander persone het ek lanklaas in my lewe beleef. Dit is voorwaar 'n stad om op trots te wees "
"Oulike toeristedorpie. Redelik skoon, maar daar word maar bottels en plastiek langs die rivier gelaat, wat jammer is."
"Westdene self is nie 'n toeristebestemming nie, maar dit is naby die besienswaardighede van Bloemfontein."