Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7972 reviews.
"Absoluut uniek! Geen groot kettingwinkels en malls daar nie, wat goed is. Die natuurskoon is asemrowend. Baie unieke gemeenskap met baie kunstenaars en alternatiewe tipe winkels. Pryse van items kan redelik duur wees, maar daar is winskopies wat uitgesnuffel kan word! Redelik naby Lesotho, Golden Gate en ander besienswaardighede. Ek sal sonder huiwering teruggaan soontoe!"
"Daar het nie veel verander oor die afgelope jare nie, en soms is dit goed, maar anders kan dit voordelig wees om te verander of uit te brei om nuwe besoekers te lok."
"Probeer gerus die Vrystaat se weggesteekte "off the beaten track"-plekke... Daar is soveel mooi om te ontdek."
"Oujaarsaand 2016 se nag was 'n ontstellende belewenis. Bomklappers het heelnag deur geskiet, wat geklink het soos bomme wat ontplof. Daarom het ons dit hierdie jaar vermy en eers die eerste Januarie 2018 ingeboek. Dit was baie rustig, dalk het hulle die probleem hanteer. "
"The sunsets are amazing! Although we felt they can improve on signage, we managed to find our way around easily enough. We had loads to do but managed to visit the lovely waterfront as well as the Mimosa Mall. We will have to go back for more. "
"Die mense op Phillippolis is vriendelik en gasvry en mens voel en is so veilig in hierdie dorpie. Al die geskiedkundige plekkies soos die museum, kerk, Laurens van der Post-museum en tuine maak dit interessant om te besoek. Die diens en etes by Sielskos en Bird Haven was onverbeterlik en kry ons komplimente. Ons het ook aangedoen by Oom Jan se Gastehuis en Restaurant en alhoewel dit heelwat duurder is, is Oom Richard Proctor-Simms iemand wat sorg vir ietsie lekker om te eet, en 'n mens verlaat die plek met heelwat meer kennis oor die dorpie en sy mense as voorheen. Die brouery net buite die dorp en talle ander plekkies maak dit die moeite werd om meer as een dag in Phillippolis deur te bring."
"All the restaurants are top notch. Clementine, Friends, the Highlander, Roter Hahn, Mosaic Pizzeria are all a great for families with kids. The views from anywhere in Clarens is postcard worthy. "
"Bly langer! Daar is net te veel om te sien. Kies jou eetplekke versigtig - sommiges is net nie op standaard nie."
"The internet gives the town a wonderful arty vibe but it's actually a bit of a disappointment though."
"Vir enigiemand wat naby die universiteit moet wees, is hierdie die plek."
"Die omgewing is pragtig en kan gerus as oorslaapbestemming gebruik word. Die dorp is maar effens."
"Winburg word miskien soms misgekyk vir verblyf, maar was ons aangenaam verras. Veral met die vriendelike personeel en verblyf wat aan ons voorsien is by Boschrand Lodge."
"Rustige en skoon plattelandse dorp waar ons baie veilig gevoel het. 'n Lekker tuisnywerheid. Maaltye kan bestel word wat vir jou tuis afgelewer word. 'n Hele paar besienswaardighede om te besoek bv. Sir Lourens van der Post-gedenktuin, die pragtige histories kerkgebou, die ou tronk ens. Bestee minstens 'n dag daar."