Resensies van Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.36 uit 5 gekry volgens 4238 resensies.
Cindy I. - 22nd December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens en die omliggende omgewing is beeldskoon en daar is iets vir almal om te doen. Dit is 'n uitstekende vakansiebestemming!
Itumeleng F. - 22nd December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Everyone has to put Clarens Extreme on their wishlist.
Bernard W. - 22nd December 2016
staying in Vrystaat
Droog.
Johan V. - 21st December 2016
staying in Rosendal, Vrystaat
Baie min winkels om selfsorgkos en proviand aan te skaf, veral buite besigheidsure. Kry jou benodighede in Ficksburg of voor jy aankom.
Wilma C. - 21st December 2016
staying in Trompsburg, Vrystaat
Ons het net oornag, maar dit lyk na 'n oulike plekkie.
Chandre D. - 20th December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n wonderlike dorp. Ons kom altyd verfris terug en kan nie wag om weer soontoe te gaan nie.
Jeannette R. - 20th December 2016
staying in Springfontein, Vrystaat
Goeie halfpad-stop op pad Kaap toe.
Janet K. - 20th December 2016
staying in Bethlehem, Vrystaat
Bethlehem is 'n gemaklike basis waarvandaan die groter omgewing verken kan word na plekke soos Clarens en Fouriesburg. ens.
Chris Z. - 19th December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Baie mooi dorpie.
Lizette V. - 15th December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Fantasties.
Rine E. - 15th December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Baie en lekker restaurante, interessante winkels en galerye om te sien. Die omgewing is baie mooi en skoon.
Jgj (flaf) L. - 15th December 2016
staying in Clocolan, Vrystaat
Clocolan is 'n baie mooi omgewing.
Shahiema R. - 13th December 2016
staying in Riebeeckstad, Vrystaat
The area was peaceful and it was a lovely break away from the busy Cape Town city life. Welkom needs more Halaal takeaways and restaurants though.
Jolene B. - 13th December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtige plek met die mooiste natuur.
Kotie A. - 12th December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Heerlike wegbreekplekkie.
Riaan V. - 9th December 2016
staying in Rosendal, Vrystaat
Ek weet nie of daar baie toeriste by Rosendal uitkom nie. Die natuurskoon en omgewing is pragtig, maar die dorp is klein en nog baie onderontwikkeld.
Bernie K. - 9th December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Diens bly maar 'n probleem by eetplekke. Lekker plek om te ontspan en sy natuurskoon is onbeskryflik.
Louis B. - 8th December 2016
staying in Kroonstad, Vrystaat
Die dorp was meer aantreklik as gevolg van die wonderlike verblyf.
Richard P. - 8th December 2016
staying in Vrystaat
Glad nie so plat as wat mense dink as jy per fiets ry nie.
Mari K. - 8th December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Mal oor dié plek.
Madaleen L. - 8th December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Die dorpie as sulks is 'n kunstenaar se droom, maar die winkeltjies is net baie duur aangesien dit uitsluitlik op toerisme gemik is. Die omgewing spreek God se almag. Hierdie is 'n plek waar ek sal kan bly.
Koos S. - 8th December 2016
staying in Eureka, Vrystaat
Sal beslis Eureka vir enige persoon aanbeveel!
Fred C. - 8th December 2016
staying in Bethlehem, Vrystaat
Ideale ligging, maar ek sal eerder bietjie verder ry en in Clarens oorslaap.
Fred C. - 8th December 2016
staying in Springfontein, Vrystaat
Die dorp is duidelik nie 'n toeristebestemming nie. Sal nie langer as twee nagte oorbly nie. Die ligging van die gastehuis is ideaal, want dit is op die N1.
Lynette O. - 7th December 2016
staying in Philippolis, Vrystaat
As plattelandse mense wat hou van klein dorpies, was Philippolis vir ons wonderlik. Dit hang af waarna plaaslike en oorsese toeriste soek. Ek dink nie dis noodwendig 'n plek om vir die langtermyn oor te bly nie, maar vir 'n aand of twee is dit perfek.
Ria V. - 7th December 2016
staying in Trompsburg, Vrystaat
Weens 'n tydbeperking het ons nie veel van Trompsburg ervaar nie, maar sal beslis die Jagersfonteinpad na Bloemfontein aanbeveel. Die pad is nie so besig nie en is in 'n goeie toestand. Net voor Bloemfontein is daar 'n slaghuis waar 'n mens ook goeie skaapvleis teen 'n billike prys kan aankoop. Die slaghuis het egter nie kaartfasiliteite nie.
Marian S. - 6th December 2016
staying in Langenhovenpark, Vrystaat
Sal nie daar wil bly vir 'n vakansie nie, maar miskien as 'n mense blyplek soek omdat familie naby is of so iets.
Abre O. - 6th December 2016
staying in Spitskop, Vrystaat
Baie rustig. Pad kort aandag.
Melinda W. - 5th December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Dis net lekker om daar te kuier, of jy gaan om te rus, te stap, om inkopies doen, te eet of koffie te drink.....wat ook al, dis lekkerrrrr!
Derick N. - 5th December 2016
staying in Heilbron, Vrystaat
Baie slegte paaie...
Danie N. - 5th December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Baie mooi en rustig.
Lelani M. - 2nd December 2016
staying in Rosendal, Vrystaat
Perfek! Die mense in die dorp was vriendelik en ons was verras deur die kunstenaars wat daar was. Ek hoop ons kry weer die geleentheid om Rosendal te besoek.
Emma H. - 2nd December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is bekoorlik tussen die berge... baie om te doen om te ontspan!
Sarie N. - 1st December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Uitstekend as mens net wil wegkom en rus!
Chris J. - 1st December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtige dorpie, vol dinge om te doen en te sien. Puik restaurante.
Irma V. - 1st December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is absoluut pragtig! Het dit gebruik as 'n oornagdorpie op pad kus toe en was baie spyt ons het nie 'n week daar geboek nie. Daar is baie om te sien, te bewonder en te doen. Hopelik sal ons die geleentheid kry om sommer gou weer te kom.
Ralph P. - 29th November 2016
staying in Bethlehem, Vrystaat
Very welcoming.
Eduan N. - 29th November 2016
staying in Clarens, Vrystaat
As jy dol is oor spitsverkeer in die middae, die rumoer van motoriste wat gegrief op hulle toeters lê, beswaarde uitdrukkings afgeëts op hul gelaat, en indien die monotoniese geloei van sirenes soos musiek in jou ore is en die nimmereindigende gedreun van motors vir jou emosionele voedingswaarde bied; en indien die pastorale vreedsaamheid van ’n landelike omgewing die vrede in jou gemoed ondermyn, en indien die geruis van die wind in die blare, en die potpourri van afwisselende plaasdiergeluide jou ontstel … moet jy liewers nie na Clarens kom nie. Indien die teendeel wel die geval is … verstaan ek nie waarvoor jy wag nie. Hierdie tyd van die jaar is Clarens die toonbeeld van die idilliese omgewing – sowel die dorp self as die omgewing. Ek hunker reeds daarna om terug te keer.
Willie A. - 28th November 2016
staying in Dan Pienaar, Vrystaat
Aangename rustige omgewing. Baie sentraal geleë.
Hennie S. - 26th November 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Het dit geniet in Clarens.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za