Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7904 resensies.
"Philippolis is 'n bitter klein dorpie met 'n paar historiese geboue as dit is waarin jy belangstel. Die paaie is uiters swak en vol slaggate. Daar is net een basiese petrolstasie en min eetplekke."
"Spoedlokvalle is bietjie oortollig, maar andersins uniek in sy eie sin."
"Baie klein geskiedkundige dorpie. Baie vriendelike mense wat daar bly! Hulle kort beslis meer bemarking - om die gemeenskap te help. Dis 'n jammerte die Bethuliedamoord het toegemaak. Dis 'n pragtige plek."
"We had an awesome time. Great destination, the scenery was just beautiful."
"Vermy Sondae wanneer dagbesoekers die atmosfeer bederf met toetende voertuie, 'n gejaag in die nou straatjies rondom die plein en algemene balhorigheid."
"Eerste keer wat ons in die Rosestad oor gebly het. Die mense is vriendelik en ons was aangenaam verras met hulle gasvryheid."
"Its a laid back town with enough for every traveler. Can be used a great stopover before crossing over into Lesotho, just 90km from the renowned AfriSki. A choice of restaurants to satisfy that traveling hunger bug. Fairly very safe."
"Oulike geskiedkundige dorpie met die vriendelikste mense. Besoek gerus Flip se Krip vir heerlike kos en goeie geselskap."
"Die onderhoud van strate en veral die wit, afgebakende bane op die pad is baie dof en het onsekerheid veroorsaak m.b.t. die rit en watter bane om te volg, veral wanneer 'n mens onbekend is met die roete of omgewing."