Resensies van Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.35 uit 5 gekry volgens 3710 resensies.
Johan F. - 4th January 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtige omgewing.
P Oosthuizen V. - 4th January 2016
staying in Trompsburg, Vrystaat
Ongelukkig was die aankoms skemertyd en weer vroeg vertrek, maar dit wat ons gesien het die volgende oggend dit is skoon netjiese dorpie wat ek van baie ander plekke nie mee kan vergelyk nie.
Wouter K. - 4th January 2016
staying in Langenhovenpark, Vrystaat
Rustige en stil buurt.
Harry D. - 4th January 2016
staying in Heuwelsig, Vrystaat
Een van die skoon woonbuurte in Bloemfontein.
Marianna V. - 3rd January 2016
staying in Trompsburg, Vrystaat
Dit is 'n baie klein plekkie.
Boet T. - 2nd January 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Een puntjie van kritiek: Brood is so skaars soos hoendertande! Daar is 'n bakkery, maar die maak net oop as dit hulle pas. Dan bak hulle net 'n paar broodjies en klaar. Oral kan jy allerhande soorte broodmeel koop, maar o wee, geen iets wat lyk soos 'n broodpan nie. Die mense lag as jy vra vir 'n broodpan. Verder was dit regtig baie lekker. Lekker interessante winkeltjies, interessante eetplekke. Ons sal beslis weer by Clarens en natuurlik LA BRI gaan kuier. Dankie ook vir LekkeSlaap se wonderlike hulp.
Madeleine S. - 2nd January 2016
staying in Universitas, Vrystaat
Dis lekker naby die snelweg vir 'n oorslaap.
Claire L. - 2nd January 2016
staying in Philippolis, Vrystaat
If the few people I have met in Philippolis are a reflection of all of the residents, then this is a very special town.
Mariana V. - 2nd January 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Seker nie almal se tipe bestemming nie, maar 'n soort rustigheid wat byval vind. Interessante winkeltjies en eetplekke. Die uitsig is wonderlik. Dit is tog na genoeg aan die Gauteng mekka om die pragtige plekkie te besoek. Was heerlik.
Maggie S. - 1st January 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens kort 'n behoorlike inligtingsburo. Pryse is buitengewoon HOOG. Die ou poskantoor was die allerlekkerste plek om te ontdek!
Emile C. - 1st January 2016
staying in Ladybrand, Vrystaat
Ladybrand moet so vinnig as moontlik hul skouers optrek met hul historiese erfenis. Die museum se saga is iets vir die dorp om hulself te skaam.
Tim V. - 31st December 2015
staying in Kroonstad, Vrystaat
Die paaie in die dorp kort aandag.
Ian F. - 31st December 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is a beautiful, clean, arty and welcoming town, we certainly will return.
Mthunzi D. - 31st December 2015
staying in Fichardt Park, Vrystaat
Nice and quiet place if you want to have peace of mind.
Estelle K. - 31st December 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Dit bly 'n puik bestemming, veral as jy wil rus en die natuur asook kuns waardeer. Ons sal beslis weer gaan!
Romien B. - 30th December 2015
staying in Park West, Vrystaat
Close to highway and all shops nearby. Very safe and quiet area.
Ilze B. - 29th December 2015
staying in Fichardt Park, Vrystaat
Netjies en skoon.
Vera W. - 28th December 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Beste diens nog steeds Vito Restaurant/pizza.
Dawid M. - 28th December 2015
staying in Ladybrand, Vrystaat
Die plaaslike munisipalitiet moet ernstig na die paaie begin kyk. Dit is regtig nie in 'n goeie toestand nie.
Ansie S. - 28th December 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Kan dalk meer aktiwiteite daar stel en ook die wat daar is verbeter. Eetplekke se diens is swak en winkels se pryse belaglik.
Reinmund W. - 27th December 2015
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Die stad van rose gaan gebuk onder droogte op die oomblik. Sekere dele in die stad mag gevaarlik wees. So hoor ons by die inwoners.
Annalie B. - 25th December 2015
staying in Vrystaat
Gerieflik afsaalplek tussen Gauteng en Kaap.
Carina N. - 25th December 2015
staying in Harrismith, Vrystaat
First time there, would love to stay there.
Hettie H. - 24th December 2015
staying in Waverley, Vrystaat
Wat vir ons baie gemaklik was is die feit dat hulle gastehuis loopafstand vanaf die winkelsentrum is. Restaurante, apteek, banke asook die Spar ens.
Estelle V. - 24th December 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Aangesien dit 'n toeriste aantreklikheid is is die pryse van produkte baie hoog soos dit by enige vakansieplek is. Ons het Golden Gate toe gery en na 'n swemplek gesoek maar hulle swembad het volgens hulle nie water gehad nie. Dit was baie teleurstellend en die plek self het nie 'n goeie indruk gemaak nie. Dankie aan Montsori Mountain Lodge wat goedgunstiglik gesê het ons kan swem omdat ons ander gaste geken het en hulle gereeld besoek het. Alhoewel die swembad nie skoongemaak was nie het ons dit geniet. Ons het die uitsig baie geniet van die stoep van die hotel af en die kos was goed.
Karlien F. - 23rd December 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n absolute wonderlike plek en ons het elke dag ietsie ander gedoen.
Harry T. - 23rd December 2015
staying in Trompsburg, Vrystaat
Ons ken dit slegs as 'n plek op pad / vanaf die Kaap. Daar is dalk meer in die omtrek.
Kornelis S. - 22nd December 2015
staying in Panorama, Vrystaat
Pragtige dorp!
Lyzette V. - 22nd December 2015
staying in Harrismith, Vrystaat
Pragtige, rustige dorp.
Gerda N. - 22nd December 2015
staying in Harrismith, Vrystaat
Pragtige dorpie in 'n skilderagtige omgewing!
Thys D. - 22nd December 2015
staying in Springfontein, Vrystaat
Goeie Karoo-ondervinding.
Bruce G. - 22nd December 2015
staying in Universitas, Vrystaat
Obviously a fairly affluent area of Bloemfontein, with lots of overnight accommodation in gated houses and compounds.
Eddie S. - 21st December 2015
staying in Universitas, Vrystaat
Lank in Bloemfontein gebly en Universitas is 'n goeie woonbuurt.
Tobie V. - 21st December 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Mooiste plekkie in die Oos-Vrystaat.
Pieter V. - 20th December 2015
staying in Trompsburg, Vrystaat
Trompsburg is goed geleë tussen Pretoria en George vir oornag. Mooi dorpie met 'n bakkery wat baie moeite doen om toeriste te lok. Mense baie vriendelik.
David M. - 20th December 2015
staying in Winburg, Vrystaat
Daar is tans 'n droogte daar, die eienaars doen moeite om opgaardtenks vol water te hou, so as die water min is wees maar geduldig. Dankie.
Joanna G. - 20th December 2015
staying in Rosendal, Vrystaat
Very peaceful and relaxing holiday.
Christine P. - 20th December 2015
staying in Memel, Vrystaat
Memel is 'n mooi dorpie, daar is 'n rustigheid en 'n stilte wat mens kan geniet en waarna die stadsmens verlang. Daar is staproetes en ook die vleilande wat jy kan besoek met baie voëls om te sien. In die omgewing is baie interessante plekke soos bv. Verkykerskop met oudhede van jare gelede.
Thembi N. - 18th December 2015
staying in Universitas, Vrystaat
An easy place to find access to many places.
Minni B. - 18th December 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Lieflike dorp om te besoek, oulike winkels en eetplekke, natuur is ongelooflik mooi, baie om te doen.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]