Verified Reviews
Waterberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Waterberg
Rated 4.4 out of 5 based on 1608 reviews.
"'n Klein dorpie, die winkeltjie naby aan die wildsplaas se pryse was buitensporig hoog. Nie te veel om in Mookgopong te doen nie."
"Baie om te doen in die omgewing - wildbesigtiging, staproetes, bergfietsroetes en verskeie gholfbane. Weesgerus-, Bela-Bela- en Klein Kariba-vakansie-oorde is daar. Baie vriendelike mense en goeie toerisme-infrastruktuur soos restaurante - Spur, Wimpy, Steers, Pepe's, Koffiekan, Ocean Basket ens."
"Pragtig. Net baie droog op die oomblik. Ons vertrou die groot reën is op pad, dan gaan dit weer pragtig lyk."
"Ons het paar van die monumente en kerke in Modimolle besoek. Sal weer teruggaan!"
"Waterberg is pragtig. Ek het Waterberg al menigte kere besoek en was nog altyd tevrede."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Vir Altyd"Dit is 'n belewenis. Diere so mak eet uit jou hand uit. Bring jou weer nader aan die natuur."
"Die dorp is maar nie wat dit was. En daar is nie meer veel om te doen. Maar dit bly 'n lekker afstand om net uit JHB te kom."
"Also enjoyed a meal at Toeka se Dae Farmstall and Restaurant on the way in."
"Ek was bietjie omgekrap omdat die Aventura/Forever Resorts-oord nie dagbesoekers gevat het nie. Ons was letterlik loopafstand van hulle af en sou ideaal wees om daar te kon swem. Hulle is personeel is pleinweg net ongeskik en weet nie hoe om met publiek te praat nie. ATKV Klein Kariba het darem opgemaak daarvoor."
"Bela-Bela-area bied 'n groot verskeidenheid vakansieverblyf wat ook al jou behoefte is, rus in die Bosveld-atmosfeer, wild kyk, swem of wat ook al. Die inkopiesentrums en eetplekke is ook gerieflik naby indien mens 'n behoefte daarvoor het."
"Pragtige uitsigte, was bietjie droog toe ons daar was, maar ons het voor die reën gegaan. Dis naby genoeg aan Johannesburg om vir 'n kort rukkie weg te breek en ver genoeg om te vergeet van die stad."