Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35608 reviews.
"In die somer braai die son mens ongenadiglik dus is die koeler maande beter om daar te vertoef. Mense is baie baie vriendelik en hulpvaardig.As mens 'n wyn-fundie is, is dit die omgewing om te verken. Naby die ander besienswaardige plekke soos Montague, Robertson, ens. Baie goeie eetplekke in die omgewing. Die klimaatsverandering gaan dalk vorentoe 'n groot beperkende invloed op die omgewing se natuur attraksie hê."
"Paarl is rustige burg. Mense is baie vriendelik en hulpvaardig. Die wyne is iets ysliks as mens dit wil doen en kopseerpille is gelukkig goedkoop.Ongelukkig is die verkeer in Kaapstad toe mal en openbare vervoer is onderontwikkel. Van die beste skole in die land is daar."
"Robertson was baie lekker en die mense is vriendelik. Ek het die lente skou vreeslik geniet. "
"De wandeling naar de waterval is heel mooi. Restaurant Flavia is een aanrader."
"Prins Albert is 'n belewenis! Vriendelike, skoon dorp met goeie diens op alle terreine. Die heerlikste eet- en kuierplekke. 'n Lafenis vir mens se siel."
"Paternoster is 'n uitstekende uitkoms uit die stad se gewoel. Hier kan jy rustigheid en die natuurskoon geniet."
"Lieflike plek! Lieflike mense. Ons hoor altyd rillerstories hoe duur kruideniersware by die see is, maar het dit glad nie so ervaar nie. Die kruidenierswinkel was met baie dag tot dag aankope goedkoper as wat ons in Pretoria betaal. En die lekkerste was dat ons ons taal kon praat in Hartenbos!"
"Naby aan Kaapstad, Stellenbosch, inkopiesentrums en lieflike restaurante."
"Bredasdorp is 'n stil dorp en nie regtig geskik vir toeriste wat van baie bedrywighede hou nie. Daar is 'n Skeepsmuseum maar as jy baie meer wil sien, moet jy bereid wees om te ry. Dit is 'n goeie plek as jy net van die stadsgejaag wil wegkom en wil rus."
"Moorreesburg needs something to liven the town up a bit. Maybe an event or some live entertainment. It was really sad to see so many run over buildings."