Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35606 resensies.
"Naby Somerset Mall en die lughawe is binne 20 min bereikbaar."
"Dit is 'n pragtige dorpie met die mooiste ou geboue. Die natuurskoon van die omgewing en die ligging van die dorp maak dit ook lekker om met 'n kamera rond te stap. Daar is altyd iets moois om af te neem."
"Awesome area to stay. Out of the craziness of the busy town centres, but still centrally located to get to many places quickly!"
"Ek sal ander toeriste aanbeveel om gerus hierdie plek te gaan besoek. Dis 'n baie rustige omgewing waar jy lekker kan rus en ontspan. "
"Dit is 'n pragtige rustige plek. Ons kon selfs 8uur in die aand gaan stap! Die mense is vriendelik en die dorp is so skoon! Baie dankie vir 'n onvergeetlike tyd. Ons sal beslis weer daar gaan "kuier"."
"As jy rustig wil wees en die natuur wil geniet, is Paternoster die plek. Indien jy hou van winkelsentrums bly weg."
"Ons het geëet by Weskus plaaskombuis op die hawe. Die seekos-platter was baie lekker en goeie waarde vir die prys. Ons het ook Clanwilliam toe gery wat baie plekke het om by te woon. Die Rooibosfabriek het baie goed om te koop, heerlik rooibos produkte."
"Pêrel van die Boland! Gerieflik geleë. Dorp met karakter en geskiedenis. Die plase in die dorp maak die Paarl. "
"Met die foto's wat ek geneem het en aan my vriende gestuur het, het ek net waardering ontvang van die dorpie se tydlose boustyl!"
"Fantastiese vakansiedorp. Stil en rustig, maar naby genoeg aan die stad om ook dit te beleef."
"In die somer braai die son mens ongenadiglik dus is die koeler maande beter om daar te vertoef. Mense is baie baie vriendelik en hulpvaardig.As mens 'n wyn-fundie is, is dit die omgewing om te verken. Naby die ander besienswaardige plekke soos Montague, Robertson, ens. Baie goeie eetplekke in die omgewing. Die klimaatsverandering gaan dalk vorentoe 'n groot beperkende invloed op die omgewing se natuur attraksie hê."
"Paarl is rustige burg. Mense is baie vriendelik en hulpvaardig. Die wyne is iets ysliks as mens dit wil doen en kopseerpille is gelukkig goedkoop.Ongelukkig is die verkeer in Kaapstad toe mal en openbare vervoer is onderontwikkel. Van die beste skole in die land is daar."
"Robertson was baie lekker en die mense is vriendelik. Ek het die lente skou vreeslik geniet. "
"De wandeling naar de waterval is heel mooi. Restaurant Flavia is een aanrader."