Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"One of the most untouched secrets in the Western Cape. Wonderful people and amazing what this town can actually offer."
"Ons het die Kango-grotte en Cango Wildlife Reserve besoek en beide was wêreldklas! Ek is net jammer ons kon nie langer bly nie!"
"Parkering in Desember is bietjie van 'n probleem by die eenheid want daar was te veel karre en gelukkig het ons besluit om nie ons boot saam te vat nie want daar was glad nie plek om boot te parkeer nie."
"Ongelukkig het ons by die strand gesien hoe mense gearresteer word vir perlemoen stropery. Daardie nag was daar ook 'n inwoner in die woonstelblok geroof. Dit was so bietjie onstellend. Andersins was die strand pragtig, dalk nie genoeg goeie restaurante nie. Die een restaurant wat oor die see is, was baie teleurstellend. "
"Langebaan is 'n puik area om in vakansie te gaan hou en heerlik te ontspan. Inwoners daar is baie vriendelik en baie behulpsaam. Sal enige tyd graag weer wil gaan."
"Geen seekos of groot restaurante naby. Geen aanwysings na The Heads of toeriste aantreklikhede. Trokke op hoofpad is nogal steurend."
"Dit is 'n asemrowende mooi area van die Wes-Kaap, maar ek sal aanraai dat mense in die stil seisoen gaan. Die res van die besiger seisoene buit Knysna toeriste en selfs "locals" uit met opgestote pryse en 'n onwelkome atmosfeer deur die hele dorp. "
"Baie mooi en rustige plek. Gansbaai is net 'n klipgooi verder as jy voel dat dit 'n bietjie te stil in De Kelders is. "
"Kleinmond is die mooiste seedorpie, rustig, baie sentraal en het alles wat jy kan nodig kry."
"Behalwe vir die museum en borde wat die vloed vlakke van die tragiese vloed aandui is daar nie veel te sien nie. Die rustige klein dorpie en unieke Karoo skoonheid maak egter daarvoor op. Restaurante en wegneem ete plekke verskaf 'n lafenis na die lang rite deur die Karoo."