Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Mooi omgewing om te gaan afskakel van 'n daaglikse roetine en deel te maak van jou vakansie."
"As 'n toerisme beampte in 'n ander area wat twee jaar in Paarl gebly het, dink ek Paarl het baie potensiaal. Vir toeriste wat belangstel in wyne, brandewyne en 'n plekkie naby Kaapstad is dit ideaal. Vir besigheidspersone wat naby die stad wil bly, maar wat nog steeds 'n "country" gevoel soek is dit perfek. "
Breede River Valley, Western Cape
Weltevrede @ Bon Cap"Prentjiemooi! Dit voel of mens nie al die mooi kan inneem nie. Dit is oorweldigend! Sal dit vir almal aanbeveel!"
Breede River Valley, Western Cape
Rivierzicht River Resort"Dit is nou al 'n instelling om elke jaar waterblomme by Affieplaas te koop. Die omgewing is skoon en vredig."
"Baie sentraal geleë vir besoeke aan verskeie pragtige plekkies langs die Weskus. "
"A morning market, tea/coffee next door, a lovely garden environment with plants for sale. Ramskop Nature Reserve was extremely interesting. The restaurant we went to was fabulous!"
"Klawer bied 'n sentrale plek waarvandaan 'n mens Papendorp, Strandfontein en Doringbaai kan besigtig. Vredendal en Lutzville is baie naby waar inkopies gedoen kan word en restaurante en wynkelders besoek kan word."
"Mal oor die "village"-gevoel van Jacobsbaai! Mens hoop dit kan vir altyd so bly. Die area is prentjiemooi."
"Pragtige en goed versorgde dorp, hier is baie te doen vir die buitelewe-entoesias en ook heerlike restaurante."
"Iets wat my opgeval het is die borde wat lees " ry asb versigtig ons is lief vir ons kinders". Ek was ook verbaas om te sien dat motors soms nie stop by stop strate nie. Dalk omdat dit 'n stil tyd is? Die inwoners op Stilbaai is baie vriendelik en groet spontaan."
"Dt is 'n baie mooi plek en sy mense is baie vriendlik. Sal enigetyd weer terug wil kom en ook ander huise besoek. "
"Beaufort-Wes is 'n baie gerieflike halfweg-huis wanneer jy ver sou reis en wat aanbeveel kan word."
"Die hoofstrate is 'n bietjie vuil en die geboue word nie opgepas soos 'n mens sal verwag van 'n dorp waardeur soveel mense beweeg nie."
"As jy lief is vir die see, is Sandbaai jou eindbestemming. Veral as jy Sandbaai Country House jou tuiste maak!"
"Klaar besluit om volgende jaar 'n road trip in die berge te onderneem rondom Citrusdal en Ceres. Daar is soveel om te sien en te ontdek."