Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35225 resensies.
"Goed gesitueer. Naby al die mooi besienswaardighede. Maak net seker dat jou reisplan beplan word dat jy nie in spitsverkeer ry nie, alhoewel, ek moet sê Kaapstad se bestuurders is nogal geduldig. Ek het natuurlik die "kite surfing" op Blouberg baie geniet. Ons was bevoorreg om meer as 100 van hulle op die strand te sien beweeg. Maak seker Blouberg is op jou reisagenda."
"Carlitzdorp se mense is vriendelik en hulpvaardig, maar daar is geen eetplek wat bietjie laat oop is nie en geen ordentlike plek soos 'n Shoprite of Spar om dan iets eetbaars te koop nie. So as jy oorbly, vat iets saam om te braai of te maak in by jou verblyf."
"Pragtige plekkie met die mooiste see en strand. Geniet die winkeltjies en snuisterye!"
"Velddrif is redelik interessant met die Vissery Museum, asook Bokkomlaan met die bootritte, Dit is ook naby ander Weskus-aantreklikhede. Goeie eetplekke."
"Vir buiteseisoen vakansiehou was dit wonderlik. Tydens binneseisoen is daar te veel mense na ons smaak. "
"Ladismith is 'n interessante dorpie. Gaan eet gerus by Kanna Karo en die Klein Karoo Kombuis - uitstekende kos en waarde vir geld. "
"Dit is maar 'n klein plattelandse dorpie wat nie veel bied nie, maar mooi omgewing as die wingerde groen is."
"Eerste vekansie in Mosselbaai en sal seker nie die laaste wees nie. Die weer en die seelug is fantasties."