Geverifieerde Resensie
Wes-Kaap
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wes-Kaap bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 44595 resensies.
"Rustige atmosfeer in die woongebied. Besige hoofstraat waar al die besighede is. Lieflike berge en natuur. Sal graag weer gaan."
"Toevlug van plakkers in Kaapstad area is jammer, die inpak en agteruitgang in Toerisme-areas en roetes is onvermydelik."
"Pragtige plek en rustig. Wees net versigtig vir die rondloop-honde wanneer jy met jou honde kinders stap."
"Ons is mal oor Yzerfontein en sal beslis weer besoek daar aflê en hoop om dit 'n langer vakansie te maak."
"City with a small town feel and friendly people. So much to do and so close to so many attractions"
"Ons was aangenaam verras. Die dorpie het baie meer om te sien as wat ons gedink het."
"Yzerfontein is 'n veilige dorpie en is sentraal geleë vir wyn- en bierproe, en vele meer in en om Darling. Langebaan/Paternoster na die noorde en Kaapstad na die suide is nie meer as 'n uur se ry."
"Pragtige plekkie. Dit is lekker om rond te stap en plekkies te ontdek. Moeilik vir ouer persone wat in 'n rolstoel is of moeilik stap om al die trappe te stap tot by see. Groen met baie bosse, pragtig."
"Die weer was in ons guns en die hele omgewing was skoon en netjies en die mense wat daar permanent bly baie vriendelik en behulpsaam. Kan regtig nie vir 'n beter vakansiebestemming gevra het nie."
"'n Heerlike wegbreek. Veilig en 'n pragtige dorp. Definitief 'n dorp wat 'n mens kan oorweeg om te gaan aftree."
"Ons bly net oor die berg en hou daarvan om naweke weg te breek om net bietjie af te sluit, en as die weer sleg is. Ons is baie bly ons het De Oude Meul ontdek. Dis feitlik onbekend by plaaslike mense van Mosselbaai, George en met die huidige tariewe, beslis iets wat almal van behoort te weet. "