Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 59829 resensies.
"Strand is veilig om te stap met jou hond. Salina's resturant 'n moet. Hoekwil Country Cafe het die beste kaaskoek in die wêreld. Perdepoortperdritte in Wilderness se bos is 'n moet. Spar is oukei vir klein hoeveelhede. "
"Dis baie hartseer dat die Voëleiland toe is sonder enige verduideliking van Natuurbewaring. Mens vind eers hiervan uit as jy daar is. Die mense van Lambertsbaai is baie gasvry en die restaurante waar ons geëet het is tops! Jammer dat daar baie werkloses is wat bedel en karwagte by die hawe wat half aggresief raak teenoor mens as jy nie volgens hulle verwagtinge 'tip' nie."
"Dis 'n baie mooi dorp, maar daar is baie kinders wat rondloop en 'n mens regtig pes om goedjies by hulle te koop. Ons het Saterdagaand rugby gaan kyk by die hotel omdat dit die enigste plek was met 'n kragopwekker tydens beurtkrag. Die eetkamergedeelte waar ons gesit het, was reg langs die rokers-gedeelte en baie jong mense het by die etenstafels gesit en rook. Ten spyte van klagtes, is daar niks aan gedoen nie. Die wassery was baie tegemoetkomend en het ons wasgoed binne 24 uur vir ons gewas en gestryk - ten spyte van beurtkrag."
"Ek verstaan nie die neiging om alles wat roes en stukkend is ten toon te stel op die werwe van meeste van die oorblyplekke en restaurante nie. Verder is Route 62 definitief 'n wonderlike toeriste-ervaring."
"Dis 'n pragtige dorpie met oulike winkeltjies. Ons was wel in die week daar en op 'n Dinsdag. Baie van die winkels en restaurante was toe en die wat wel oop was het al rondom 3:30 of 4uur gesluit."
"Beste plek vir jou wittebrood. Baie dinge om te doen. 'n Week is nie genoeg nie."
"What a stunning place. Hopefully will be able to spend more time next travels."
"Ceres is veral in die wintertyd as dit sneeu asemrowend mooi. Bloeiseltyd, wanneer die boorde pronk met wit en pienk blommetjies, is dit ook 'n belewenis en 'n moet-sien ervaring."
"Mooi omgewing, maar daar is 'n duidelike tekort aan winkels en supermarkte. 'n Mens moet Struisbaai toe ry elke keer as jy iets benodig."
"I was wondering about a tremendous increase of homeless people camping everywhere in the city and public places in basic dwellings and tents."
"Cannot say too much. Beautiful area. Only stayed overnight but felt the friendliness & warmth of the town. Would love a longer visit. Clean town."
"Daar is net een Kaapstad in die wêreld. Asemrowende natuurskoon. Wêreldklas besienswaardighede, verblyf, kos en vermaak. In 'n neutedop, Kaapstad bied alles aan toeriste vir 'n perfekte en onvergeetlike reis."
"Hermanus is netjiese dorp en baie om te doen in en rondom die dorp. Baie goeie bestemming gedurende September maand om walvisse te sien. Mooi wynplase met fantasties wyne. Heerlike staproetes."
"Kaapstad het baie besig geraak en die ekonomiese agteruitgang is duidelik sigbaar. Ek moet noem dat ons al ons beplande inkopies kon afhandel sonder tereurstelling."
"Pragtige dorpie vir 'n wegbreek naweek. Daar is werklik iets vir almal om te doen. Ons het veral die "ghost walk" baie geniet."
"Velddrift is an amazing place and the people are very friendly. Lots to do and to explore."