Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35325 resensies.
"Ons was in Kalkbaai spesifiek. Hierdie deel van die Kaapse kus (Valsbaai-area) is besonders mooi en is, persoonlik, verkieslik bo die Atlantiese, westelike kus by Clifton en Kampsbaai, oor daar baie meer ongerepte natuur, ongelooflike eksentriese winkels en eetplekke en 'n luilekker atmosfeer is. Hoogs aan te bevole."
"Arniston is 'n baie mooi plek. Ideale vakansiebestemming met sy rustige atmosfeer, vriendelike mense en die mooiste natuurskoon."
"Ongelooflike, pragtige dorpie. Skoon dorp met 'n munisipaliteit wat werk. Almal die uitstekende diens om hierdie die ideale bestemming te maak vir ontspanning en kuier. Als is naby mekaar. Skoon en netjiese strande ook wat daagliks skoongemaak word."
"We thoroughly enjoyed our stay in Plettenberg Bay, we will be back."
"Die beste ooit. Geniet die mense en ook die teater waar ons onsself geniet het. Lekker eetplekke en vriendelike mense. Baie veilig."
"Sien Merweville as 'n pelgrimstog om weer met dit wat belangrik in die lewe is te "connect" - gaan stap in die stofstrate, mediteer in die kerk of babbel op die boekklub se stoep, maar doen dit net stadig."
"'n Baie lekker vakansiebestemming. Daar is so baie goed om te doen, jy kom nie eers by als uit nie."
"Hermanus was een van my gunsteling plekke waar ek nog ooit was. Fantastiese plek en vriendelike personeel."
"Besoek die museums, Chris Barnard- en stadsmuseum. Vir R100 kry jy 'n begeleide toer."