Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Dis 'n toerisme streek wat nog kan uit brei want die Boland het so baie om te bied."
"I love travelling and staying in George for work. For the leisure traveller, a perfect and central base to explore all the wonder that the Garden Route provides."
"Pragtige dorpie met die oulikste en mooiste huise. Almal is baie vriendelik en ek sal beslis terugkom!"
"Mosselbaai is aangenaam. Ons het, ten spyte van die verblyf wat slegs bietjie meer gebied het as 'n kampterrein, 'n heerlike vakansie gehad in Mosselbaai - daar is lieflike toeriste-aantreklikhede en dis baie rustig buite seisoen."
"Fantastiese boeremark elke Saterdag. Oral in Sedgefield was die mense ongelooflik behulpsaam en vriendelik. "
"'n Moet-sien dorpie. Die mense se gasvryheid het my opnuut laat besef dat daar nog goeie mense in die wêreld is en die dorp is so mooi. Lekker eetplekke en die mooiste kerk."
"Mosselbaai, en in besonderse Hartenbos, is 'n top-gehalte, veilige en bekostigbare vakansiebestemming met gematigde weer reg deur die jaar. Al die nodige winkels is beskikbaar en maklik bereikbaar en daar is ook genoegsame vermaak en besienswaardighede vir beide oud en jonk."
"Was my eerste keer daar en absoluut mal daaroor. So baie om te sien en te doen."
"Swellendam het regtig 'n paar oulike besienswaardighede. 'n Paar museums en oulike winkels met plaaslike produkte soos heuning, bessies. Jy kan perdry, kajakroei, staproetes met watervalle en diere in die Bontebok Park."
"As jy lief is vir seekos, veral kreef, is dit die plek om te gaan maar dis ook 'n mooi dorp en 'n regte vissersdorp om jou vakansie te spandeer."