Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.51 uit 5 gekry volgens 18830 resensies.
Andries V. - 3rd July 2015
staying in Die Galg, Wes-Kaap
Piekfyn en gesellig, mooi.
Alida V. - 2nd July 2015
staying in George, Wes-Kaap
George is 'n dorp waar jy die gevoel kry dat die infrastruktuur onderhou word. Hier is mense aan stuur wat omgee. Alles is skoon, daar is orde en die mense is vriendelik en gasvry.
Leon S. - 2nd July 2015
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Mooi dorpie. Mens kan sien die inwoners is trots op hulle erfenis.
Victor T. - 2nd July 2015
staying in Barrydale, Wes-Kaap
Mooi, skoon en gasvry met heerlike eetplekke, besienswaardighede en 'n wynkelder.
Melt H. - 2nd July 2015
staying in Heidelberg, Wes-Kaap
Baie lekker biltong in Heidelberg; pragtige omgewing!
Pieter D. - 2nd July 2015
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Paternoster is 'n besondere bestemming wat bekoring inhou. Die mense is vriendelik. Baie lekker restaurante. Interessante plekkies om te besoek soos At Botha se studio. Gaan kyk ook na omliggende plekke soos Velddrift en Tietiesbaai.
Tlou Jonas Matlamela T. - 2nd July 2015
staying in Melkbosstrand, Wes-Kaap
Melkbosstrand is a good place to stay.
Christie F. - 2nd July 2015
staying in Montagu, Wes-Kaap
We loved Montagu. There was too much to do and see in one weekend. We'll definitely be returning for more.
Maristha S. - 2nd July 2015
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Vir 'n natuurliefhebber is daar soveel om te doen - ons was by die Rus en Vrede-waterval, die Meiringspoortwaterval, die Raubenheimerdam, Swartbergpas, die Cango Wildlife ranch, De Rust en die beste van alles, die Magical Red hills van die omgewing.
Theo B. - 2nd July 2015
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Dis 'n baie mooi area, sal weer binnekort besoek.
Celia L. - 2nd July 2015
staying in Stellenbosch Sentraal, Wes-Kaap
Eenvoudig heerlik!
Heinrich S. - 2nd July 2015
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Beautiful buildings and a serene feel to the little town.
Mafise L. - 2nd July 2015
staying in Bloubergrant, Wes-Kaap
The best destination ever, I hardly used the navigator because it is straight forward.
Gerda K. - 2nd July 2015
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Baie mooier as Gauteng waarvandaan ons kom.
George & Renske R. - 2nd July 2015
staying in Montagu, Wes-Kaap
Pragtige en rustige dorp.
Simone S. - 2nd July 2015
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Alhoewel Oudtshoorn maar 'n stewige rit uit die Kaap is, is ek nooit jammer dat ek so ver gereis het teen die einde van my besoek nie. Met die Kango Grotte wat altyd 'n nuwe ervaring is (maak nie saak hoeveel keer mens al daar was nie), die verskeie wildreservate, interessante winkels, koffiewinkels en restaurante bied Oudtshoorn meer aktiwiteite as wat mens kan inpas in selfs 'n twee weke besoek.
Stephanus M. - 1st July 2015
staying in Britannica Heights, Wes-Kaap
Dit bied rustigheid met al die kleinhoewes, geen verkeer en die ongelooflike uitsig van alle kante. Dit is naby alle fasiliteite.
Brian C. - 30th June 2015
staying in Belvidere, Wes-Kaap
Lovely, quiet place!
Chris B. - 30th June 2015
staying in Stellenbosch Sentraal, Wes-Kaap
Fantastiese ligging in ou historiese gebou.
Leon B. - 30th June 2015
staying in Bloubergrant, Wes-Kaap
Verkies om in die omgewing te bly weens die uitsig, ligging en verkeer.
Christo D. - 30th June 2015
staying in Houtbaai, Wes-Kaap
Ligging van oord is nie net wonderlike Houtbaai nie, maar ook naby genoeg vir alle besienswaardighede in die Kaap. 30 minute van lughawe af, 20 min van Kaapstad af.
Alida M. - 30th June 2015
staying in Table View, Wes-Kaap
Stil omgewing. Bayside Mall op jou drumpel.
Sandra D. - 30th June 2015
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Baie mooi en netjiese dorp met goeie besighede en baie historiese karakter.
Rensia C. - 30th June 2015
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Altyd lekker, maar soms kan die plaaslike smouse regtig pla en lastig wees.
Marlene E. - 29th June 2015
staying in Tulbagh, Wes-Kaap
Pragtige omgewing. Wynplase uitstekend.
Ingrid C. - 29th June 2015
staying in Durbanville, Wes-Kaap
Mooi omgewing.
Ina B. - 29th June 2015
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Ons was net jammer dat die Faerie Sanctuary nie oop was nie! Sal volgende keer ons tyd so inruim dat dit in seisoen is!
Kina P. - 28th June 2015
staying in Wes-Kaap
Wens ons kon langer bly en sal weer kom!
Adam J. Z. - 27th June 2015
staying in De Rust, Wes-Kaap
Uitstekende toeriste-bestemming.
Esta C. - 26th June 2015
staying in Houtbaai, Wes-Kaap
Too beautiful for words!
Connie K. - 26th June 2015
staying in Calitzdorp, Wes-Kaap
Het nie veel geleentheid gehad vir indiepte-ondersoek van moontlikhede nie maar die rustigheid is alreeds 'n bonus. Die behoeftes van die toeris sal sukses van die bestemming bepaal.
Lizette W. - 25th June 2015
staying in McGregor, Wes-Kaap
Pragtig! Temenos en Eseltjiesrus het ons harte gesteel!
Richard W. - 25th June 2015
staying in Robertson, Wes-Kaap
Baie mooi dorp en het die Wacky Wyn Naweek baie geniet.
Nico B. - 25th June 2015
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Oulike dorpie.
Maritha L. - 25th June 2015
staying in Franschhoek, Wes-Kaap
WineTram is 'n moet vir enige wynliefhebber.
George & Renske R. - 25th June 2015
staying in Vleesbaai, Wes-Kaap
Ons het in Boggomsbaai gebly, het tot by Vleesbaai gery, maar dit het dan vir my soos 'n geslote privaat ontwikkeling gelyk.
Petro D. - 25th June 2015
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Die padstal, The Shed, net buite Beaufort-Wes is 'n moet om te besoek!
Louis M. - 24th June 2015
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Oudsthoorn is alombekend as die Karoo kuierdorp, dit getuig van al hul gaste huise, B&B's en eetplekke wat daar is.
Sylvia M. - 24th June 2015
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Pragtige deel van ons mooie Suid-Afrika.
André N. - 24th June 2015
staying in Tamboerskloof, Wes-Kaap
Talle goeie koffiewinkels.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za