Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 59829 resensies.
"Die weer was in ons guns en die hele omgewing was skoon en netjies en die mense wat daar permanent bly baie vriendelik en behulpsaam. Kan regtig nie vir 'n beter vakansiebestemming gevra het nie."
"Ons bly net oor die berg en hou daarvan om naweke weg te breek om net bietjie af te sluit, en as die weer sleg is. Ons is baie bly ons het De Oude Meul ontdek. Dis feitlik onbekend by plaaslike mense van Mosselbaai, George en met die huidige tariewe, beslis iets wat almal van behoort te weet. "
"Friendly people with great service wherever we went. Weather was great as well."
"Daar is so baie om te doen en te sien in die Kaap. Vir iemand wat van 'n klein dorpie af kom was dit vir my 'n belewenis en nie iets wat ek gou sal vergeet nie. Ek hoop om meer te sien van die Kaap in die vervolg."
"Merweville is die tipe Karoo-dorpie wat in mens se hart kruip. As jy stilte en rustigheid soek hier het die tyd nog bietjie stil gestaan. 'n Plekkie met hartsmense, 'n plekkie wat meer verdien om besoek te word."
"Een van ons gunsteling bestemmings in die land, baie goeie restaurante en buitelugaktiwiteite."
"Baie lekker plek om te bly. Weer is baie lekker. Ek dink daaraan om oor 'n paar jaar te verhuis na Hartenbos."
"Kan hoek, lyn en sinker aanbeveel vir 'n baie lekker plaaslike seekos-ete in Pringlebaai; moet bespreek voor die tyd."
"An interesting place to visit and to travel up the Swartberg Pass from Prince Albert. "
"Wat 'n lieflike stil en ongerepte Weskus-dorpie. Ons gaan beslis weer ons voete daar gaan natmaak."