Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.56 uit 5 gekry volgens 32136 resensies.
Laurie B. - 27th March 2017
staying in Mostertdrif, Wes-Kaap
Very quiet and restful neighbourhood.
Nadia Van Eijk V. - 27th March 2017
staying in Reebok, Wes-Kaap
Heerlike vakansiedorpie, en die mense is baie behulpsaam en vriendelik.
Thys O. - 27th March 2017
staying in Hartenbos, Wes-Kaap
Die nuwe kompleks in Hartenbos was perfek, veral met die Waterpark reg langsaan.
Andre H. - 27th March 2017
staying in Milnerton, Wes-Kaap
Milnerton was nogal 'n goeie en gerieflike bestemming vir ons. Sentraal en naby Bloubergstrand, Canal Walk en ander winkels, die hoofweg en die waterfront. Verkeer in die week gedurende spitstyd moet vermy word. Die strand is natuurlik uitstekend vir stap, swem en om Tafelberg te sien.
Tina G. - 27th March 2017
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Ons LOVE Langebaan.
Leila F. - 27th March 2017
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
It's a pity that not more of the village and particularly the restaurants don't have sea views. It's an excellent location with regards to the West Coast and Darling. It's close to Cape Town which makes it a good weekend getaway.
Tony G. - 27th March 2017
staying in Calitzdorp, Wes-Kaap
Naby Oudtshoorn met baie om te doen - definitief as jy wil rus.
Piet P. - 27th March 2017
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
Dit moet 'n stukkie van die hemel wees. Ons oorweeg dit om 'n plek daar te koop.
Tersia V. - 27th March 2017
staying in Tulbagh, Wes-Kaap
Dis 'n baie mooi dorp met die mooiste ou geboue en die eetplekke is uitstekend.
Alta J. - 27th March 2017
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Oudtshoorn is definitief 'n dorp wat baie verskillende aantrekkingspunte het. Ek het by 'n baie goeie restaurant "Black Swan" geëet en dit regtig geniet. Diens en disse was baie goed. Sal definitief in die toekoms my kliënte daarna neem, maar sal definitief vir beter akkommodasie soek.
Pravesh P. - 27th March 2017
staying in Weskus, Wes-Kaap
Easily accessable.
Ernest D. - 27th March 2017
staying in Durbanville, Wes-Kaap
Durbanville is baie sentraal om by al die omliggende aktiwiteite uit te kom. Tygervallei, Willowbridge, Restaurante soos "Die Boer", Cattle Baron en vele meer. Om nie eers van die wynplase soos die "Spice Route" en die Trams wat hardloop in Franschhoek na 5 verskillende roetes ensovoorts. Nee regtig, 'n goeie bestemming.
Peter W. - 27th March 2017
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
Lambertsbaai is 'n mooi vissersdorp aan die Weskus. Dit is ook die plek van die kreefeters met lekker restaurante (soos Isabella´s), pragtige strande en Bird´s Island.
Hermien K. - 27th March 2017
staying in Plattekloof, Wes-Kaap
Baie veilig en 'n mooi uitsig.
Ellen P. - 27th March 2017
staying in Rondebosch, Wes-Kaap
Love Rondebosch.
Clive E. - 27th March 2017
staying in Costa Sarda, Wes-Kaap
Nice area, few beggers.
Susan W. - 27th March 2017
staying in Witsand, Wes-Kaap
Lovely little seaside town with swimmable water and a great beach.
Tobie F. - 27th March 2017
staying in Keurboomstrand, Wes-Kaap
Baie mooi strand. Baie veilig. Asemrowend.
Heleen C. - 27th March 2017
staying in Hartenbos, Wes-Kaap
Baie oulike en lekker vakansiedorp met baie om te doen en te sien.
Lizelle D. - 27th March 2017
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
Miskien nie vir die jong mense nie. Daar is nie veel om te doen nie, maar as jy will gaan vir ontspanning is dit 100%
Linda L. - 27th March 2017
staying in Montagu, Wes-Kaap
Baie interessante dorpie.
Eleanor L. - 27th March 2017
staying in Danabaai, Wes-Kaap
Ideale rusplek om die ongerepte natuur te waardeer.
Roshan P. - 27th March 2017
staying in Calitzdorp, Wes-Kaap
Calitzdorp is so mooi en die mense is baie vriendelik. Ek en my gesin het ons harte in Calitzdorp gelos.
Sandra W. - 27th March 2017
staying in Malgas, Wes-Kaap
Die enigste negatief was die grondpad na Malgas toe. Jammer hulle kan nie net ten minste die helfte van die pad teer nie. Die pad was op sekere plekke baie glyerig (los klippe).
Deborah L. - 27th March 2017
staying in Calitzdorp, Wes-Kaap
Lovely and friendly little town with wonderful wine farms - De Krans is lovely for breakfast as we sat under the vines.
Christel R. - 27th March 2017
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Die kreefverkopers op straat is 'n groot probleem, soveel so dat jy nie eers kreef in 'n restaurant kan bestel nie.
Rialette V. - 27th March 2017
staying in Jacobsbaai, Wes-Kaap
Jacobsbaai is die mooiste dorpie en 'n rustige wegbreek van die Kaap.
Marisa P. - 27th March 2017
staying in Sandbaai , Wes-Kaap
Sandbaai is baie lekker rustig en stil omdat dit weg is van alles, maar as mens 'n stranddag wil geniet sou ek steeds sê dit is beter om Hermanus toe te ry.
Melissa H. - 27th March 2017
staying in Kaapstad, Wes-Kaap
Puik! Altyd 'n sagte plekkie in my hart!
Johan V. - 27th March 2017
staying in De Rust, Wes-Kaap
Lekker rustig en goeie eetplekke.
Maretha H. - 27th March 2017
staying in Gouritsmond, Wes-Kaap
Very nice place with a restaurant and shops with the necessary supplies. Very friendly and helpful people and the nature is an additional bonus. Excellent fishing destination.
André O. - 27th March 2017
staying in Tulbagh, Wes-Kaap
Die perfekte webreek vir 'n heerlike langnaweek.
Adriaan O. - 27th March 2017
staying in George, Wes-Kaap
Pragtig, mooi en 'n netjiese dorp. Die vriendelikheid en mooi Afrikaans maak George 'n uitsonderlike plek!
Gert C. - 27th March 2017
staying in Rooi-Els, Wes-Kaap
As jy privaatheid wil hê gaan na Rooiels toe.
Riana J. - 27th March 2017
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
Lekker!
Frik S. - 27th March 2017
staying in Gordonsbaai, Wes-Kaap
Beveel Blue Horizon sterk aan as verblyf.
Isobel W. - 26th March 2017
staying in Kalkbaai, Wes-Kaap
Kalkbaai is 'n pragtige plek en ons het die drie dae daar geniet! Great atmosfeer en gasvryheid.
Ammi S. - 26th March 2017
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
Ons sal graag kreef iewers wou koop!
Debbie K. - 26th March 2017
staying in Hartenbos, Wes-Kaap
Bly maar een van die beste vakansieplekke. Hopelik is die ontwikkeling van ontspanningsgeriewe vir tieners binnekort voltooi. Ons het maar gesukkel om hulle besig te hou, aangesien die waterpark die gevoel gee dat dit meer vir die kleiner kinders bedoel is. Restaurante is altyd 'n wenner en die paar wat ons besoek het beslis aanbevole.
Henning T. - 26th March 2017
staying in Strand, Wes-Kaap
Baie veilige see en strand.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za