Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36382 reviews.
"Definitief 'n besoek en oorslaap werd vir toeriste wat langs die Tuinroete vakansie hou."
"Absoluut pragtig en vriendelike mense. Ongelukkig is dit redelik duur, maar dis te verwagte. Die weer is ook baie onvoorspelbaar, maar oor die algemeen is dit nog steeds 'n heerlike plek vir vakansie, want selfs al reën dit, is daar nog tonne om te doen."
"Beslis 'n plek om te besigtig. Die Weskus bied 'n pragtige natuurskone dorpie vir oud en jonk."
"Vir my met 'n gesin was dit bietjie stil, omdat daar geen aktiwiteite vir kinders is nie, ek dink ouer mense sal dit baie meer geniet. Plek in geheel is baie goed en skoon. Daar is beperkte winkels en items, so plek is meestal net om te ontspan en weg te kom van alle geraas en misdaad."
"Asemrowende strand en dorp. Alles was loopafstand van ons af. Baie oulike en gesellige eetpkekke vir families en gesinne. Alles naby geleë. "
"Goeie toergids by ou Tronk en die dorp het heelwat geskiedenis wat interessant is."
"Meeste mense spandeer net een aand daar. Eintlik is daar meer om te sien, volgende keer sal ek 2-3 aande wil bly."
"Kom kuier in Kaapstad of Simonstad en raak in vervoering met die mooi natuurtonele. Ry met die Ou Kaapse weg en stop om die skoonheid in te asem."
"The Crags area is beautiful with many hidden gems like wine estates, Birds of Eden and the Barnyard theatre. It's close to Keurboom strand and Plettenberg Bay."
Great Brak River, Western Cape
Oppi See"Beelskone strande, vriendelike mense, heerlik stil en rustig."
"Wat 'n verassing om na die kronkelpad deur die Berge of met die langpad uit die Kaap te ry en so 'n beeldskone dorpie te kon aantref. Was verbaas oor al die lieflike verskeidenheid eetplekkies en die vriendelike gemeenskap van die inwoners."
"Pragtige dorpie, baie vriendelike mense, lekker plek om net weer te gaan asemskep van die besige daaglikse lewe."
"Dis 'n pragtige wissersdorpie met sy vriendlike mense, sal enige dag weer gaan vir 'n kuiertjie en vir my was dit 100% veilig."
"They can maybe get more bigger shops like Spar, Pick & Pay and maybe a pharmacy. But otherwise it's a nice place."
"Fryers Cove Restaurant is uitstekend, ons het lanklaas sulke lekker kerrievis en viskoekies gehad. Doringbaai is baie rustig en stil."