Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.56 uit 5 gekry volgens 32136 resensies.
Reinette H. - 7th February 2017
staying in Swellendam, Wes-Kaap
'n Pragtige dorpie vol geskiedkundige plekkies. Enigste teleurstelling was die Bontebokpark - alhoewel dit 'n mooi area is, was die administrasie baie swak.
Anzelle J. - 7th February 2017
staying in Mykonos, Wes-Kaap
Club Mykonos kan doen met 'n goeie skoonmaak. Die geboue is vuil en daar vandat ons daar aangekom het tot ons weer vertrek het, het daar rommel rondgelê. Ons was 'n bietjie teleurgesteld met die instandhouding van die oord. Dis asof die plek effens sy sjarme verloor het.
Neil En Miranda T. - 7th February 2017
staying in Pinelands, Wes-Kaap
'n Te positiewe resensie veroorsaak 'n oorstromming na daai omgewing!
Lies Francke N. - 6th February 2017
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Die verblyf was in Onrus by Hermanus. 'n Heerlike omgewing vir 'n kort vakansie.
Karen S. - 6th February 2017
staying in Stellenbosch, Wes-Kaap
Pragtig! Die middedorp is baie besig. Lekker en interessante eetplekke. Verkeer kan 'n kopseer wees. Te veel bedelaars. Baie min parkering. Definitief 'n moet om te besoek!
Susan S. - 6th February 2017
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Die klimaat is matig. Die dorp is skoon en die mense is vriendelik. Die aftree-oorde is naby baie besienswaardigdhede. Jy kry alles waarna jy soek.
Sunell M. - 6th February 2017
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
Beste ontspanningsplek.
Alan F. - 6th February 2017
staying in Voorbaai, Wes-Kaap
Een van die beste in die land.
Dolandi V. - 6th February 2017
staying in Strand, Wes-Kaap
Uitstekende bestemming. Jy beleef rustigheid in Strand - maar dis so sentraal dat jy kan uitry na al die mooi plekke rondom Strand, nie meer as 'n uur se ry uit nie! Die sonsondergange is ook asemrowend mooi.
Dolandi V. - 6th February 2017
staying in Table View, Wes-Kaap
Dit was asemrowend mooi! Sal definitief in die toekoms bietjie langer daar wil oorbly!
Arthur C. - 6th February 2017
staying in Worcester, Wes-Kaap
'n Pragtige en baie skoon Bolandse dorp.
Helena V. - 6th February 2017
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
Wat 'n pragtige plekkie. Ons het dit werklik geniet om dit te ontdek.
Annette D. - 6th February 2017
staying in Franschhoek, Wes-Kaap
Franschhoek is iets spesiaals. Baie mooi omgewing.
Renier E. - 6th February 2017
staying in Britanniabaai, Wes-Kaap
Al wat ons daar mis is enige vorm van winkel of kafee.
Anelle B. - 6th February 2017
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Die locals roei die kreef uit en die polisie hou hulself blind vir die verkoopsmanne langs die pad! Dit was baie hartseer om te sien hoe openlik hulle met hul sakke vol kreef loop en verkoop, en hoe die polisie ander pad kyk as hul verby hul ry.
Leopold Van Kooten H. - 6th February 2017
staying in Strand, Wes-Kaap
Soortgelyk aan Europse strande, maar minder luuks.
Veronica P. - 6th February 2017
staying in Laingsburg, Wes-Kaap
Ons het op 'n Saterdagmiddag daar aangekom so die meeste winkels en die museum was toe. Die vloedwater-aanwysings het ons aandag getrek en ons het meer inligting oor die vloed op Google gaan lees. Sou wonderlik en insiggewend gewees het om die museum te kon besoek.
Louis C. - 6th February 2017
staying in Mosselbaai Gholflandgoed, Wes-Kaap
Pragtig, mooi, veilig.
Francois N. - 6th February 2017
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
Bloubergstrand is vir ons die beste plek om tuis te gaan in die Wes-Kaap. Die berguitsig kan jy nêrens anders beter kry nie. Die stad se liggies in die aand is briljant en dis naby alle groot sentrums terwyl jy die meeste en grootste gedruis van die stadsverkeer misloop. Daar is permanent 'n vakansiegevoel in Bloubergstrand wat dit vir ons plaasjapies elke keer 'n heerlike ondervinding maak.
Hennie E. - 5th February 2017
staying in Table View, Wes-Kaap
Nice omgewing.
Ansie L. - 5th February 2017
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Oulike dorp
Ansie L. - 5th February 2017
staying in Paarl, Wes-Kaap
Baie aangenaam.
Christine D. - 5th February 2017
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
Lovely place and peaceful. Would love to stay there very soon.
Angelika P. - 5th February 2017
staying in Welgemoed, Wes-Kaap
Het dit baie geniet om daar oor te bly. Lieflike plek met pragtige meubels en fasiliteite.
Erna L. - 4th February 2017
staying in Saldanhabaai Munisipaliteit, Wes-Kaap
Gerieflik geleë naby baie ander dorpe en besienswaardighede.
Hermine A. - 4th February 2017
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Lovely quaint village. Perfect for a few days to relax.
Dawie B. - 4th February 2017
staying in Hartenbos, Wes-Kaap
Lekker!
Mathilde E. - 4th February 2017
staying in Keurboomstrand, Wes-Kaap
We love the beauty and relaxed atmosphere of Keurboomstrand. There is so much natural beauty in the area as well as outdoor activities such as rowing on the river, hiking and enjoying the beach.
Barry K. - 4th February 2017
staying in Barrydale, Wes-Kaap
Pragtige natuurskoon en baie gasvrye mense.
Deon S. - 4th February 2017
staying in Hartenbos, Wes-Kaap
Die parkering was toe nie 'n probleem soos wat deur openbare media berig was nie.
Derek F. - 4th February 2017
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Baie om te doen en te sien.
Gert P. - 3rd February 2017
staying in Pinelands, Wes-Kaap
Pinelands dien eerder as 'n plek vir besigheid as suiwer toerisme.
Yvonne D. - 3rd February 2017
staying in Port Owen, Wes-Kaap
Pragtige skoon dorpie en laat 'n mens dink aan Walvisbaai. Vriendelike mense met die lekkerste en varste seekos.
Charles B. - 3rd February 2017
staying in Hartenbos, Wes-Kaap
Rustige atmosfeer en heerlik om daar vakansie te hou.
Hester P. - 3rd February 2017
staying in Struisbaai, Wes-Kaap
Sal 'n oulike winkelsentrum opsit met nog 'n winkel soos Woolworths vir hulle lekker eetgoed. 'n Speelpark vir kinders om in te speel. Daar is baie grond. L'Agulhas het meer eetplekke as Struisbaai. Hulle kan doen met nog 'n eetplek met heerlike vis, ens. Die naaste dorp is te ver.
Daniel V. - 3rd February 2017
staying in Seepunt, Wes-Kaap
Die omgewing is baie mooi en skoon en ek het veilig gevoel.
Diana M. - 2nd February 2017
staying in Mosselbaai, Wes-Kaap
Lieflike plek - ek woon hier.
Olivia D. - 2nd February 2017
staying in Melkbosstrand, Wes-Kaap
Love dit!
Sheree V. - 2nd February 2017
staying in Bettysbaai, Wes-Kaap
Bettiesbaai jou doring... wat 'n mooi natuurlike dorpie, vriendelike en gasvry mense. Wow, die dorpie het my so goed laat voel. Die lieflike see en grondreuk as jy wakker word was die beste. Ek kom gou weer na die dorpie toe.
Amy Z. - 2nd February 2017
staying in Weskus, Wes-Kaap
Weskus jou lekke ding!

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za