Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Die ideale plek as jy wil wegkom van die besige stadslewe. Die rustigheid is net wat mens nodig het om weer te herlaai. Sal definitief weer terugkom."
"Albei geriefswinkels kan dalk meer moeite doen om groter verskeidenheid produkte aan te hou om vakansiegangers te akkommodeer. Ons moes meer as 1 maal uitry Heidelberg toe vir nodige aankope. Sekere restaurante is buite seisoen gesluit of maak reeds vroegmiddag toe. Kon nie gaan aansit vir aandete. Haarsalon was sekere dae gesluit, en het dan net op bestelling kliënte gesien. Help glad nie inloop-kliënte nie, moes weereens uitry Heidelberg toe (wou net was en droogblaas, het my hairdryer by huis vergeet). Die Anchorage Restaurant is 'n ware juweel op die dorp. Was van 9 uur soggens oop tot laataand en bedien voortreflike etes, vanaf ontbyt tot aandete. Kos is heerlik. Eienaars en personeel baie gasvry en vriendelik. Het heerlik daar geëet en ontspan."
"So clean and no potholes, brings back memories of what my hometown of Klerksdorp and the rest of our beautiful country, looked like in years gone by."
"Die dorp is skoon en netjies. Die inwoners is baie vriendelik en behulpsaam, maar ons wonder hoekom daar nie na-ure gewone eetplekkies is nie, dit kan ook die toeristebestemming se sterre bietjie opstoot. Kos is noodsaaklike kommoditeit. Die droë vrugte is natuurlik 'n bonus."
"Gaan stap rustig al die residensiële strate plat. Dis pragtig. Besoek die natuurreservate."