Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35608 resensies.
"Lekker naby strande sonder die oorloop van mense. Net jammer dierevriendelike strande is redelik beperk, sal waardeer as George vir die toeriste meer inligting in verband met die onderwerp kan verskaf."
"Kaapstad is pragtig met baie besienswaardighede, maar die ontspanne atmosfeer van die Vishoek/ Kalkbaai omgewing ontbreek. Kaapstad is meer bedrywig en dalk gerig op die jonger groep."
"Vir plaaslike toeriste moet pryse aangepas word. Nie net plaaslik nie, maar ook nasionaal."
"Pragtige, historiese dorp met ’n pragtige omgewing en naby verskeie ander Bolandse dorpe."
"Die dorp is bietjie vervalle met slegte teerpad vol gate en vullis wat oral rondlê. Maar seker die tekens van die tye met baie plattelandse dorpe wat so agteruitgaan. Baie van die besienswaardighede vir toeriste was toe soos die Sandveldhuisie en die warmwaterbron het nie dagbesoekers toegelaat nie. Weet nie of dit was omdat ons buite seisoen aan die einde van Februarie daar was nie, en of dit as gevolg van Covid was nie."
"Pragtig geleë tussen berg en see. Een van Kleinmond se voordele is dat dit boonop maklike daguitstappies na 'n verskeidenheid kusdorpe en besienswaardige plekke moontlik maak."
"Ons het 'n lekker koffiewinkel gemis. Die parke afdeling kan gerus aandag gee aan die vuurtoring en aangrensende geboue en omgewing."
"Nie veel te doen of sien in Malgas nie, veral as die pond nie werk nie. Mense met bote sal seker die rivier goed kan benut. Dis maar droog en vaal in die omgewing in Februarie. Die rivieroewer is wel groen met mooi voëllewe."
"There are not many vegan/vegetarian friendly restaurants nearby. It can be a struggle to find meals."
"Lots of beautiful mountains and a huge coast that could be explored. Friendly people!"
"Vriendelike dorp en mense. Heerlik in die strate geloop en kuier. Pragtige berge."
"Die mense van McGregor is oor die algemeen baie vriendelik en hulpvaardig. McGregor het vier voetslaanpaaie deur die dorp wat verby verskeie ou geboue gaan. As 'n mens die argitektuur wil sien van die 1800's dan sal McGregor nie teleurstel nie. Die Temenosoord is 'n moet-besoek. Vra gerus die bestuur om deur die tuin te gaan stap vir 'n besondere ervaring. McGregor bied heelwat eetplekkies aan waar geëet kan word, elk 'n unieke ervaring. Eseltjiesrus, die oord vir donkies en esels wat nie meer produktief kan werk nie is 'n besondere ervaring om te besoek. Die pottebakkery het verskeie potte te koop wat 'n juweel sal wees in enige huis. Daar is buite McGregor 'n wynproe-geleentheid of twee. Vir 'n naweek is daar beslis meer as genoeg om te doen, maar McGregor se lekker is juis in die lekker van niks doen en ontspan."
"We enjoyed the Sedgefield Market and bought lovely fynbos and proteas at very reasonable prices."