Geverifieerde Resensie
Wes-Kaap
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wes-Kaap bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 44462 resensies.
"Daar is so baie om te doen in en om die Swartland waarvan Malmesbury die hoofsetel is."
"Kaapstad kan jou enigeiets bied waarna jy verlang. Dit hang natuurlik alles af van wat elkeen se individuele behoeftes is. Kaapstad is nie verniet een van die gewildste toerismebestemmings in die wêreld nie."
"Die Kaap is maar een van daardie plekke wat mens moet sien in jou leeftyd. Daar was vele wat mens kan doen in en om die Kaap. Was so dankbaar om te sien dat die gewilde bestemming vir buitelanders wel vir die Suid-Afrikaners afslag gee op vele van die goed wat mens kan doen."
"Stuisbaai lyk soos een van daardie dorpies wat nog nie deur almal ontdek was nie. Daar is natuurlik plekke soos die ou lighuis en dan ook die suidelikste punt van Afrika wat mens daar kan sien. 'Klippiesbaai' was vir ons 'n 'hidden gem' en sal mense aanbeveel om dit te gaan sien. Daar is ook 'n lekker perdrit wat geneem kan word wat jou tot op die strand neem. Daar is 'n lekker restaurant in die baai en die strande is mooi. Sal definitief dit aanbeveel vir so 'n paar dae as jy so deur na die Kaap wil reis."
"Ons is so verbaas oor die toestand van die omgewing van die paaie en die netheid van die omgewing. Ons het veilig gevoel waar ons ook al rondbeweeg het. Dit is naby aan Mosselbaai en George en daar was veel om te doen. Ons gesin het dit geniet en sal dit voorstel."
"Was in 2016 daar met vakansie, en was verbaas oor die groei van die plek. Dit is 'n mooi plek, alhoewel ek mal is oor die Kaap, is enige plek mooi."
"Goeie vakansiedorp. Ek sal enigeen aanbeveel om Knysna te besoek. Ek persoonlik sal weer soontoe gaan."
"Dit is baie mooi, die vars lug en die omgewing doen wonders as jy 'n wegbreek soek. Bettiesbaai is die regte plek om net te ontspan en jou tydjie te geniet."
"'n Waarlike mooi skoon dorp en, belangrik, die strate sonder slaggate is iets wat 'n mens deesdae nie sommer kry/sien nie."
"Scarborough is 'n heerlike vakansiebestemming. Besoek ook Simonstad en Berthas Restaurant in die hawe."
"Ligging is puik en naby alles. Na opgradering sal dit hoogs aanbeveelbaar wees."
"Witsand is bekend aan ons, aangesien ons 'n paar keer daar gekuier het. Dis rustig en stil. Die winkels voldoen aan behoeftes en jy kan heerlik eet by die restaurant."
"Te min tyd vir alles om te besoek. Sou graag meer tyd daar wou spandeer. Die berge en die wynplase het my hart gesteel."