Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 59829 resensies.
"Naby genoeg aan die Kangogrotte, Cango Wildlfe Reserve, die asemrowende Swartbergpas en natuurlik die wêreldbekende volstruise."
"Hartseer dat die middedorp soveel verval toon. Strate is vuil en erg vol gate. Dit doen so afbreek aan besighede soos Four Cousins en Lourettas's in die dorp. Die begrafplaas gaan gebuk onder vandalisme en geen opheffings werk word gedoen nie. Daar is soveel mooi ou huise, maar ongelukkig toon alles verval. Nie goed vir toerisme nie."
"Ek't net nie van daai snaakse elemente by die winkels gehou nie, maar verder was alles cool. Ek kom weer en sal die plek definitief aanraai vir vriende wat op 'n roadtrip wil gaan en wil oornag. "
"Mall close to N2 - all the shops were well stocked and we found some beautiful gifts for our travels abroad."
"Durbanville - Kaapstad is 'n mooi en skoon omgewing met vriendelike mense."
"Oudtshoorn bied soveel meer as net volstruise en grotte. Daar is die Langenhovenhuis, kunsuitstallings, gesellige restaurante (Nostalgie, om maar een te noem!), asook die omliggende omgewing met die Swartbergpas, Meiringspoort en die mooie R62 na Calitzdorp (55 km), bekend vir die portwyn en ander pryswennerwyne wat daar geproduseer word, om maar net 'n paar te noem. Beslis 'n besoek werd."
"Pragtig. Paaie net baie deurmekaar as jy dit nie gewoond is nie. Loadshedding net soos oor die res van die land is 'n groot kopseer."