Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.56 uit 5 gekry volgens 32987 resensies.
Guy L. - 23rd April 2015
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Voorstrand Restaurant has well prepared and well presented food and big portions, good value for money!
Simone P. - 23rd April 2015
staying in Mykonos, Wes-Kaap
Pragtig, pragtig verby!
Lazelle B. - 23rd April 2015
staying in Jacobsbaai, Wes-Kaap
Pragtige plek, rustig, sonder lawaai en aan te beveel vir mense wat uit die stadsgedruis wil wegkom.
Gena V. - 23rd April 2015
staying in Plettenbergbaai, Wes-Kaap
Dit is 'n pragtige dorp met 'n verskeidenheid restaurante en winkels. Besoek gerus die olifant-, wildekat - en ander parke. Daar is ook walvis- en dolfyn-bootritte. Almal die moeite werd om te besoek en ons land se wilde diere te sien. Daar is ook 'n wynplaas met heerlike tapas, middagete en plaaslike wyne.
Giles S. - 23rd April 2015
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Go to the small market. It is worth the visit, even if it is only to chat to the locals or pick up a few locally produced items. Friendly town.
Wilna G. - 23rd April 2015
staying in Groot-Brakrivier, Wes-Kaap
Asemrowende omgewing naby aan Mosselbaai en George.
Willi V. - 23rd April 2015
staying in L'Agulhas, Wes-Kaap
Daar is nie baie om te doen nie, buiten paar besienswaardighede, maar as jy wil "detox" is dit perfek.
Chanelle H. - 23rd April 2015
staying in Brandwacht, Wes-Kaap
Die ligging van Brandwacht is perfek en asemrowend. Baie stil en netjiese gebied, dis nie te ver van die dorp nie en is 'n welbekende gebied.
Jeannie K. - 23rd April 2015
staying in Table View, Wes-Kaap
Wat kan ek sê, als is so goed. Kaap is perfek!
Madelie S. - 23rd April 2015
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
Veilig, omgewings vriendelik en baie gesondheidsbewus georiënteerd. Ek wil daar bly! Dit is presies die leefstyl wat ek soek en het al klaar begin uitkyk vir potensiële eiendom daar.
Joline S. - 22nd April 2015
staying in Elandsbaai, Wes-Kaap
Ons het hoofsaaklik gegaan om te gaan kreef duik en dit was baie suksesvol. Dis nie 'n baie lewendige dorp nie, maar ons nietemin lekker daar gekuier. Ons het egter gesukkel met die tolpad tussen Lambertsbaai en Elandsbaai. Ons het met die tolpad gery vanaf Lambertsbaai terug Elandsbaai toe, maar toe ons Elandsbaai aankom is ons teruggestuur om met die groot pad te ry.
Lynette O. - 22nd April 2015
staying in Mosselbaai, Wes-Kaap
Lieflike weer. Perfek geleë.
Amanda F. - 22nd April 2015
staying in Somerset-Wes, Wes-Kaap
Pragtige dorp, ongelooflik netjies!
Tobias D. - 22nd April 2015
staying in Dwarskersbos , Wes-Kaap
As jy die vriendelikheid van die mense op die Weskus wil ervaar, sal ek enige tyd weer Dwarskersbos besoek.
Theo M. - 22nd April 2015
staying in Mosselbaai, Wes-Kaap
Die mense is baie hartlik ... wil graag weer na Mosselbaai kom!
Peter P. - 22nd April 2015
staying in Durbanville, Wes-Kaap
Durbanville is in 'n mooi omgewing en is goed geleë in alle rigtings vir toeriste vir dag-uitstappies in die Suid-Kaap- en Weskusgebied.
Jacolien O. - 22nd April 2015
staying in Struisbaai, Wes-Kaap
Struisbaai is 'n tipiese vissergemeenskap en die lewe draai meestal om al die bedrywighede by die klein hawe. Baie rustige atmosfeer, en karre veilig om snags buite te los. Mooi omgewing en baie naby aan Agulhas en die natuurskoon is tipies dit wat jy van die Kaap kan verwag - dorp is skoon en word goed onderhou. Daar is nie groot winkelsentrums nie, maar al die basiese goed is in plaaslike kafees beskikbaar. Dis ideaal vir mense wat juis wil wegkom van stadsgewoel.
Suritha D. - 22nd April 2015
staying in Bellville, Wes-Kaap
Dis 'n goeie buurt en sentraal geleë vir besigheid of aktiwiteite in enige ander plek in Kaapstad.
Hannelie S. - 22nd April 2015
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Oulik verby ... definitiewe moet-sien!
Retha V. - 22nd April 2015
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Heerlike Karoolam geniet in klein Bistro Surettas.
Stephan V. - 21st April 2015
staying in Die Boord, Wes-Kaap
Lekker sentrale area met toegang na al die roetes wat jy sal wil besoek.
Wilna S. - 21st April 2015
staying in Helderberg, Wes-Kaap
Nog altyd 'n baie uitstekende vakansiebestemming - hou heerlik vakansie in die Strand.
Hennie D. - 21st April 2015
staying in Kleinmond, Wes-Kaap
Kleinmond is baie lekker en alles is gemaklik en naby.
Sandy M. - 21st April 2015
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
Quaint, yet interesting, little town. A visit to the Museum is a MUST! This place is soaked in history, very, very interesting - you will walk away with a sense of awe!
Rika D. - 20th April 2015
staying in Kleinmond, Wes-Kaap
Tops!
Elza E. - 20th April 2015
staying in Barrydale, Wes-Kaap
My oupagrootjie het jare gelede daar gebly. Ek het dit geniet om na die ou geboue op die dorp te kyk en eetplekke langs die pad is uitstekend.
Lauren H. - 20th April 2015
staying in Port Owen, Wes-Kaap
The boat trip from the Port Owen harbour was absolutely stunning. The hosts were charming and funny and a boat full of knowledge of the area, bird life and even the locals. A definite recommendation to anyone holidaying on the West Coast.
Ben E. - 20th April 2015
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
Nie baie om te sien in Lambertsbaai self nie, maar met baie plekke in die omgewing om te besoek maak dit 'n geskikte vakansieplek.
Ben E. - 20th April 2015
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Baie lekker. Dit is hoekom ons gereeld daarheen gaan.
Miempie S. - 20th April 2015
staying in Helderberg, Wes-Kaap
Baie mooi plek - sal dit selfs oorweeg om dalk eendag daar af te tree!
Jan F. - 20th April 2015
staying in Melkbosstrand, Wes-Kaap
Melkbosstrand is die plek waarnatoe ek altyd sal gaan, sou ek in die Kaap omgewing wees. Later die jaar is daar die IMESA Kongres wat ek jaarliks bywoon en dan sal ek sorg dat my sekretaresse my weer daar inboek. Melkbosstrand het ook baie lekker restaurante waar mense lekker saam kan kuier.
Anneli H. - 19th April 2015
staying in Witsand, Wes-Kaap
Baie veilig, vriendelike mense, heerlike strande om ver te gaan stap ...
Alta J. - 19th April 2015
staying in Citrusdal, Wes-Kaap
Werk aan N7 is 'n nagmerrie.
Hettie E. - 19th April 2015
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Moenie nalaat om die Chris Barnard Museum, die Kerk en die pastorie te gaan besoek nie. Baie interessant en insiggewend.
Francois S. - 18th April 2015
staying in Silversands, Wes-Kaap
Lieflike strand - lekker stil.
Pieter L. - 17th April 2015
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Pragtige ou- en historiese geboue kan besoek word.
Corne W. - 17th April 2015
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
Ja, ek wil daar kom bly!
Estelle J. - 17th April 2015
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Heerlike restaurante!
Marieta S. - 17th April 2015
staying in Durbanville, Wes-Kaap
Baie lekker. Winkels is oral as jy dit nodig kry. Baie goed.
Maggie H. - 17th April 2015
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
As gereelde besoekers aan die KKNK is dit steeds lekker om daar te kuier - daar is 'n goeie verskeidenheid eetplekke.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za