Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Daar is ongelukkig in die dorp self nie baie om te doen nie, maar 'n mens is nie ver van Gansbaai af nie waar daar meer aktiwiteite is."
"Ons het ;n heerlike middagete by The Grapevine geniet. Alhoewel ons op toemaaktyd daar aangekom het, het hulle ons nog steeds vriendelik bedien. Ons het ook 'n uitstekende wynproe by Hebron gedoen. Was baie beïndruk met Jeanine wat die wynproe aangebied het. Sal dit beslis aanbeveel. "
"Greyton is n skilderagtige dorpie met welige tuine waar rankrosies wild die wêreld versier. Dit is hoofsaaklik 'n kuns dorpie so as jy van skilder, beeldhou werk, craft bier, en geurige en keurige kos dan is dit perfek vir jou. 'n Ware toevlugsoord uit die gewoel van jou elke dagse bestaan. Dis baie landelik en niks snaaks as loslopende perde heel rustig in die hoofstraat afstap of as 'n perdekarretjie klop-klop verby draf op pad na iewers of êrens. Die mense koester nog kind en dier en is in harmonie met die natuur om hul. As jy in die berg wil gaan stap of 'n rustige koppie koffie wil geniet, gaan spandeer tyd in Greyton."
"Ons was jare gelede op Plettenbergbaai en was aangenaam verras met alles wat ons daar aangetref het. Dorp en omgewing is ongelooflik skoon, gasvry en veilig en ons het elke oomblik geniet. Weer was nie baie geskik vir swem gedurende ons verblyf nie, maar daar was meer as genoeg om te doen en te geniet."