Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.57 uit 5 gekry volgens 38941 resensies.
Zimasa M. - 22nd November 2016
staying in Constantia, Wes-Kaap
Area is very quiet and peaceful.
Mark D. - 22nd November 2016
staying in Plattekloof, Wes-Kaap
Ideaal vir selfsorgverblyf.
Johan B. - 22nd November 2016
staying in Hout Bay, Wes-Kaap
Baie oulike plekkie. Alhoewel Mariners Wharf sterk aanbeveel word, moet mense die moeite doen om verby te ry en by Snoekies iets te eet – lanklaas sulke lekker seekos geëet!
Gerhard H. - 22nd November 2016
staying in Strand, Wes-Kaap
Baie sentraal vir diegene wat 'n bietjie in die Wes-Kaap wil toer, en 'n baie goeie en netjies se strand.
Chris V. - 22nd November 2016
staying in Grabouw, Wes-Kaap
Grabouw bied 'n hele paar versteekte juweelwynplase, buiten die baie bekende Peregrine Padstal. Lekker plek, Afrikaans, minder hoofstroom as Stellenbosch. Puik!
Deon G. - 22nd November 2016
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Lekker halfpad tussen Kaapstad en Bloemfontein.
Danie J. - 22nd November 2016
staying in Franschhoek, Wes-Kaap
Sal beslis meer in daardie omgewing oorbly!
Martin V. - 22nd November 2016
staying in Montagu, Wes-Kaap
Dis jammer dat die meeste plekke toe is oor 'n naweek, maar andersins is dit 'n baie goeie bestemming
Henry V. - 21st November 2016
staying in Stellenbosch, Wes-Kaap
Baie sentraal.
Pj T. - 21st November 2016
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
'n Besoek aan Voel-eiland word sterk aanbeveel. Die malgas broei-kolonie is iets besonders.
Megan W. - 21st November 2016
staying in Wellington, Wes-Kaap
Baie mooi dorpie met vele besienswaardighede en inkopiesgeleenthede. Gerieflike wegspringpunt na baie bestemmings as mens op 'n vakansie reis is.
Roelof W. - 21st November 2016
staying in Noordhoek, Wes-Kaap
The place to be, the place to live.
Jaco G. - 21st November 2016
staying in Melkbosstrand, Wes-Kaap
Melkbosstrand is a bit further out from the city, but having dinner with the sun setting over the ocean from one of the many lovely restaurants makes you feel calm and relaxed. The best of both the west coast and Cape Town... my favourite place to stay in the Cape.
Sonja D. - 21st November 2016
staying in Bettysbaai, Wes-Kaap
Bettysbaai is gerieflik geleë om as 'n basis te gebruik terwyl jy die omgewing naby en selfs so ver as Grabouw en Hermanus verken. Die pragtige fynbos van die omgewing en die Kogelberg Natuurreservaat is onvergeetlik mooi.
Julius V. - 21st November 2016
staying in Vanrhynsdorp, Wes-Kaap
Oulike dorp! Kon als kry wat ons gesoek het en almal was vriendelik!
Reana B. - 21st November 2016
staying in McGregor, Wes-Kaap
Pragtige dorpie met oulike winkeltjies, galerye en koffiehuise / restaurante. Die natuur en omgewing is pragtig - Lords Wynkelder is 'n belewenis, asook die lodge/ restaurant / trouvenue met panoramiese uitsigte. Eseltjies by Esetjiesrus raak aan mens se hart. Pragtige huise en geboue!
Tienie E. - 21st November 2016
staying in Heroldsbaai, Wes-Kaap
Baie rustig en skoon baai, kort net nog 'n restaurant by die see.
Dennis G. - 21st November 2016
staying in De Rust, Wes-Kaap
De Rust has always been a favourite for me (it has nothing to do with the fact that I was born in Oudtshoorn). There is so much to see around De Rust and may places to enjoy a meal and a drink.
Dennis G. - 21st November 2016
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Wat 'n mooi dorp. Die geskiedenis is fantasties. Ek het gesukkel om Carina by die 'Fairy and Elf Kingdom' weg te kry!
Reana B. - 21st November 2016
staying in Greyton, Wes-Kaap
Pragtige, netjiese dorpie, met oulike restaurante en winkeltjies. 'n Mens voel rustig en kalm in die blomryke atmosfeer.
Sally S. - 21st November 2016
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Daar is rerig nie veel om te doen behalwe die grotte en volstruise nie...
Y M. - 21st November 2016
staying in Costa Sarda, Wes-Kaap
Great area.
Albert J. - 21st November 2016
staying in Gordonsbaai, Wes-Kaap
Baie mooi en skoon dorp. Binne maklike bereik van winkels, wynplase, ens.
Albert J. - 21st November 2016
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Pragtige omgewing. Ons het vir `n dag na Die Hel gery. Die bergpas is skrikwekkend, maar ook asemrowend. Heerlike etes gehad by die Swartberg Hotel.
J.hegeman T. - 20th November 2016
staying in Marina Da Gama, Wes-Kaap
If it means waterways, perfect. But also good restaurants and shops / malls. Nice surroundings, we found it real good. We have enjoyed it.
Pote F. - 20th November 2016
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Baie mooi en skoon. Veilig om daar te bly. Dit is die moeite werd om Paternoster te besoek. Vir die natuurlustige persoon is daar baie om te sien: voëls, robbe, insekte, klein wild.
Riaan R. - 20th November 2016
staying in Napier, Wes-Kaap
Baie lekker en n stil atmosfeer en die mense is opreg en vriendelik.
Karin B. - 20th November 2016
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Baie lekker kusdorpie om te ontspan vir n paar dae.
Lida D. - 20th November 2016
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
Dis 'n lekker stil dog groot vakansiedorpie. Alhoewel daar nog nie baie besighede is nie, is dit aanvaarbaar.
Christa F. - 20th November 2016
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Fábulous!
Krause V. - 19th November 2016
staying in De Kelders, Wes-Kaap
Interessante nuwe bestemming.
Chris D. - 19th November 2016
staying in Klapmuts, Wes-Kaap
Klapmuts is 'n landelike gebied met plase en kleinhoewes. Daar is wel 'n dorpsgedeelte met meer as een supermark (een daarvan, Pick n Pay Express wat deurnag oop is) en brandstof. Daar is baie toeristebestemmings binne 15 minute vanaf Klapmuts. Die enigste waarskuwing: die grondpaaie af van die hoofroetes vra geduld en respek.
Theuns S. - 19th November 2016
staying in Seepunt, Wes-Kaap
Seepunt is werklik 'n wonderlike plek vir toeriste en plaaslike mense.
Maret B. - 19th November 2016
staying in Bloubergrant, Wes-Kaap
Heerlike eetplekke.
Elsie C. - 19th November 2016
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
Die mense is so vriendelik, veral die apteekassistente en die mense in die besighede! Voorwaar `n pragtige vakansiebestemming.
Sulet V. - 19th November 2016
staying in Doringbaai, Wes-Kaap
Doringbasi is rustig, vreedsaam en vriendelik. Fryers Cove het die beste vis van Kaap tot Kairo.
Tina N. - 19th November 2016
staying in Hartenbos, Wes-Kaap
Lekker Afrikaans.
Marius V. - 18th November 2016
staying in Murraysburg, Wes-Kaap
Het laat aangekom en vroeg vertrek, glad nie besigtig nie.
Charmaine C. - 18th November 2016
staying in Flamingovlei, Wes-Kaap
Alles was net perfek. Baie dankie.
Denise N. - 18th November 2016
staying in Groenpunt, Wes-Kaap
Dis 'n baie lekke bestemming. Dit gons van energie, maar ook nie te besig nie.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]