Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36382 reviews.
"Danabaai is 'n wonderlike vakansie dorp, rustig, skoon en sentraal geleë. Kan alles doen wat nodig is om 'n heerlike vakansie te geniet. "
"Die restaurante moet asb. later oop bly. Dit is 'n baie stil en rustige dorp. "
"Voorstrand Restaurant was 'n groot wenner. Lekker atmosfeer, 'n strand en see uitsig en fantastiese lekker kos!"
"Ons eerste keer hier, maar definitief nie ons laaste besoek aan dié dorp. Barrydale het baie om te bied. "
"Vir 'n oorslaap op pad na Augrabies vanaf die Kaap is dit perfek."
"Pragtig, maar vreeslik stil. Restaurante vreeslik duur. Gedurende beurtkrag is dit 'n nagmerrie, want net die kruidenierswinkel het krag. Dis goed om daar af te tree na jare se gewoel in die stad as jy rus en vrede soek. Nie vir gesinsvakansie met jong kinders nie. Nie veel om te doen nie. Maar die dorpsmense is vreeslik aangenaam en vriendelik."
Britannica Heights, Western Cape
Die Skilpadjie"Rustige omgewing. Pragtige wegbreek van besige stadslewe. Vriendelike mense."
"Alhoewel die wind sterk gewaai het terwyl ons daar was, glo ons Noordhoek is 'n lieflik ontspan-bestemming. Mens moet tyd spandeer en die vreedsame, naby-aan-natuur lewenstyl van die plaaslike inwoners inneem. Die ligging, aktiwiteite en weggesteekte kuierplekke is besonders. "
"Vriendelike mense. Baie hulpvaardig. Het alles gekry wat ons nodig gehad het."
"Gansbaai is 'n pragtige plekkie wat baie netjies is en oor als beskik wat jy nodig mag kry. Ek sal beslis ook Tolbos Restaurant aanbeveel hulle kos en diens was puik."
"'n Baie mooi plattelandse dorpie waar jy sielerus kry en net kan ontspan. Saterdagmark was heerlik en al die staproetes was so lekker. Restaurante voldoen aan die hoogste verwagtinge. Ons sal Greyton vir seker weer besoek."