Resensies van Winklespruit

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Winklespruit bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.41 uit 5 gekry volgens 122 resensies.
Buks N. - 16th October 2017
staying in Winklespruit
Baie agter uitgegaan. Die strand is nie te veilig nie. Strand baie vuil maar dis hopelik net te danke aan die ernstige vloed op Dinsdag 10 Oktober 2017.
Andrew F. - 9th October 2017
staying in Winklespruit
Die area is baie lekker. Was aangenaam verras met die weer. Lekker aktiwiteite naby.
Linda P. - 9th October 2017
staying in Winklespruit
Ons nuwe toekomstige bestemming. Sal nooit weer op 'n ander plek gaan vakansie hou nie!
Takalani M. - 20th September 2017
staying in Winklespruit
Peaceful and nice environment. Even if you don't have personal transport, public transportation is available.
Michelle R. - 23rd August 2017
staying in Winklespruit
Dis 'n baie skoon en netjiese plek, sal weer soontoe gaan.
Nicoline M. - 16th August 2017
staying in Winklespruit
Rustig, skoon en netjies.
Marizaan B. - 23rd June 2017
staying in Winklespruit
Baie rustige dorpie. Skoon seelug, vriendelike mense.
Lizelle V. - 5th May 2017
staying in Winklespruit
'n Pragtige, rustige dorpie.
Soretha W. - 4th April 2017
staying in Winklespruit
Als is tot jou beskikking. As jy iets nodig het sal jy dit daar kan kry.
Tercia V. - 15th January 2017
staying in Winklespruit
Toeriste moet liewer van Durban of Margate gebruik maak aangesien dit meer kommersieel is. Winkelspruit is pragtig soos dit is en alles wat ons rustige mense nodig het is daar.
Lindie R. - 28th December 2016
staying in Winklespruit
Winkelspruit se strand is baie skoon, netjies en klein en daar is nie te veel mense nie. Baie lekker om as gesin daar te ontspan.
Chris G. - 21st December 2016
staying in Winklespruit
Dis 'n baie goeie gebied wat baie sentraal geleë is. Dit is naby baie ander vakansieplekke en toeristegebiede wat jou vakansie meer interessant en lekker maak!
Attie B. - 10th November 2016
staying in Winklespruit
Winklespruit bied 'n onvergeetlike vakansie.
Gerda J. - 2nd November 2016
staying in Winklespruit
Die strand self kort net 'n winkel.
Marco O. - 1st November 2016
staying in Winklespruit
Een van die beste slaghuise in die hele Suidkus.
Roxanne E. - 29th September 2016
staying in Winklespruit
Lovely place! Best we been to.
Corrie S. - 15th September 2016
staying in Winklespruit
Pragtige dorp, goed geleë, by die see en naby groot stede en dorpe, soos byvoorbeeld, Amanzimtoti en Durban. Sal definitief weer en weer Winklespruit wil besoek!
Christiaan C. - 29th August 2016
staying in Winklespruit
Rustige plekkie. Eetplekke maak net te vroeg toe en daar is te min. Verder wat netheid en wildlewe aanbetref uitstekend.
Juanita B. - 25th August 2016
staying in Winklespruit
Lekker! Sien ons wéér!
Roelien H. - 27th July 2016
staying in Winklespruit
Dit is nie my eerste keuse vir 'n besoek nie.
Kobus H. - 18th July 2016
staying in Winklespruit
Winklespruit is 'n baie rustige strand en alles wat jy nodig het is in naby omgewing. Heerlike vakansie plek.
Irma J. - 13th June 2016
staying in Winklespruit
Rustig, heerlik, lekker.
Trudi B. - 4th May 2016
staying in Winklespruit
Die splash-world het natuurlik gesorg vir baie pret en opwinding vir elkeen van ons, selfs ouma het dit gate uit geniet op die slides. Die strand is skoon en pragtig.
Cindy B. - 3rd May 2016
staying in Winklespruit
Winkelspruit is 'n oulike dorp met 'n pragtige swemstrand.
Johann V. - 27th April 2016
staying in Winklespruit
Klein, rustige dorpie.
Willem Abraham V. - 20th April 2016
staying in Winklespruit
Die strand is veilig met lewensredders. Daar is 'n Pick n Pay asook Spar wat inkopies moeiteloos maak. Daar is vulstasies. Alles wat 'n vakansieganger benodig is daar. Baie Afrikaanssprekende mense. Hou van die plek.
Tania V. - 6th April 2016
staying in Winklespruit
Dit is 'n perfekte vakansiebestemming.
Leon H. - 29th February 2016
staying in Winklespruit
Ek het lank in Toti gebly en ken die area baie goed.
Martin S. - 5th February 2016
staying in Winklespruit
Winklespruit is definitely for those who prefer self-catering. There are no restaurants on or near the beach. The Municipality keeps the swimming beach, the amenities there and the most brilliant seawater swimming pool which has swimming lanes in tip-top shape. Congratulations to Durban. Good walks on the beach are possible in both directions. Although part of the Durban Municipality, it is one of the best places for a beach holiday on the KwaZulu-Natal South Coast. Supermarkets are found in walking distance.
Luandi D. - 5th February 2016
staying in Winklespruit
Die omgewing is pragtig en eks bly die natuur word nie heeltemal deur die mens vernietig nie.
Vanessa M. - 29th January 2016
staying in Winklespruit
Dis baie lekker en ook naby als.
Brendon L. - 19th January 2016
staying in Winklespruit
Baie goeie vakansiebestemming. Maklik en vinnige toegang van Gauteng. Wind kan net in die aande jou braai bietjie moeilik maak :)
Melani V. - 10th January 2016
staying in Winklespruit
Dis 'n lekker swemstrand.
Antoinette E. - 23rd November 2015
staying in Winklespruit
Winkelspruit self is 'n klein maar rustige area met skoon strande en nie 'n toeloop van mense nie so jy kan rustig 'n dag by die strand geniet met jou gesin en kinders sonder om betrap te word deur mense wat die strand gebruik. Winkelsentrums is naby en ander sentrums en aktiwiteite is nie te ver nie, met 'n skaarse 10 min weg is jy by Galleria Mall in Amanzimtoti. Winkelspruit is definitief 'n lekker vakansieplek vir jou en jou gesin.
James F. - 16th November 2015
staying in Winklespruit
Baie naby geleë aan groot komplekse en lekker strande naby.
Lucinda F. - 15th October 2015
staying in Winklespruit
Wonderlike plek, als is gerieflik naby.
Schalk R. - 14th October 2015
staying in Winklespruit
Really close to everything near Durban, but not as busy as the north coast.
Rene D. - 13th October 2015
staying in Winklespruit
Sal terug gaan Winklespruit toe, lekker naby aan Durban.
Mariska E. - 11th September 2015
staying in Winklespruit
'n Baie rustige omgewing en die mense daar is ook baie vriendelik. Wildvreemdelinge sal jou groet en met jou begin gesels. Dit is naby aan Amanzitoti so jy kan gou in jou moter klim en gaan shop. Dit is ook n skoon omgewing. Kan gerus gaan kuier daar.
Willie D. - 6th May 2015
staying in Winklespruit
Goed geleë naby Durban en nie te ver van Margate vir 'n daguitstappie nie.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za