@ The Whales

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

@ The Whales is 'n selfsorgkothuis in 'n veilige kompleks, net 50 m van Witsand se strand af. Die kothuis het 3 slaapkamers met slaapplek vir 5 gaste. Dit is perfek vir 'n gesin of groep vriende wat graag langs die see wil ontspan.

Die hoofslaapkamer het 1 dubbelbed en 2 bedkassies met leeslampies. Die tweede slaapkamer het 'n driekwartbed en die derde slaapkamer het 'n stapelbed wat bestaan uit 2 enkelbeddens. Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n broodrooster, stoof, mikrogolfoond en 'n ketel. Die sitkamer is gesellig met lieflike vensters wat sonlig laat instroom, gemaklike sitplek, 'n eetkamer met sitplek vir 6 en 'n TV. Gaste kan gebruik maak van die groot binnebraai en 'n buitebraai - perfek vir enige weerstoestande. Linne vir 5 gaste en 'n wasmasjien word voorsien.

Witsand is bekend vir sy rustige en pragtige omgewing. Walvisse besoek graag die kus en spog met hulle kalfies. Daar is baie doendinge in die omgewing soos visvang, vlieërbranderry, seilplankry, seiljagvaart en heelwat meer. Die strande is pragtig en nooi jou uit om rustig langs die branders te gaan wandel.

Slaapplek

'n Bespreking by @ The Whales sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Braaiplek

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek

Kamergeriewe

  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na @ The Whales gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]lekkeslaap.co.za