@ wood's in Aston

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

@ wood's in Aston bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n eenslaapkamerwoonstel op die eienaar se perseel. Die woonstel is in die kusdorp Astonbaai, Jeffreysbaai geleë. Dit is die ideale wegbreek-bestemming vir 'n naweek of 'n vakansie.

Dié woonstel het 'n privaat ingang en het slaapplek vir 4 gaste. Die eenheid beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. In die sitkamer is daar 'n dubbelslaapbank. Die kombuis het 'n yskas, klein oond en stoof, mikrogolfoond, ketel en 'n broodrooster. Die eetkamertafel het sitplek vir 4 gaste.

Gaste kan die afsonderlike braai-area en parkeerplek op die perseel benut. Die ligging bied toegang tot plaaslike winkels, restaurante, die lagoon en die strand. Jeffreysbaai se bekende branderplankry-areas is net 5 minute se ry ver.

In Astonbaai is daar verskeie doendinge soos visvang in die diepsee, vanaf rotse, die rivier of die strand. Gaste kan ook gaan swem, branderplankry, vlieërplankry, sandplankry, valskermspring, voëlkyk, fietsry, voetslaan of perdry op die strand.

Slaapplek

'n Bespreking by @ wood's in Aston sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Kamer daagliks skoongemaak

Ekstras

  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na @ Wood's In Aston gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za