1 Alessio

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

1 Alessio is 'n ruim selfsorgwoonstel aan die bokant van Seepunt, lekker naby die restaurante, winkels en geriewe.

Dié stylvolle woonstel het slaapplek vir 4 mense en bestaan uit 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n ten volle toegeruste kombuis, sitkamer, en 'n oopplan-eetkamer wat oopmaak op die patio.

Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, lugversorging, 'n en suite-badkamer, en skuifdeure na die swembad-area. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens (wat opgemaak kan word as 'n koninggrootte-bed op versoek) en daar is net 'n stort in die tweede badkamer.

Die selfsorgkombuis beskik oor 'n yskas-vrieskas, stoof en oond, en 'n ontbyt-toonbank met kroegstoele. Daar is 'n platskerm-TV met DStv in die sitkamer. En die leefarea maak oop op die groot patio met sy stoepmeubels, privaat swembad, en uitsig oor die oseaan.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Dienste

  •  Koordlose Internet

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 1 Alessio gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 900 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za