1 Boboyi Mangrove Beach Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

1 Boboyi Mangrove Beach Estate is 'n selfsorghuis in Port Shepstone aan KwaZulu-Natal se Suidkus. Dit is ideaal vir 'n paartjie, vriende en gesinne wat smag na 'n tradisionele wegbreek by die see.

Hierdie eenheid op die grondvloer het 2 slaapkamers, 2 badkamers en slaapplek vir 4 persone. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer en daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Besoekers kan lekker kuier in die oopplan-kombuis/sitkamer en daar is konsertina-deure wat lei na 'n veranda. Skuif gerus hierdie deure oop om die seebriesie binne te laat en die leefarea effens te vergroot.

Die volledige DStv, braaiplek en stoepmeubels maak hierdie eenheid ideaal vir vakansiegangers wat wil kuier. Verder is daar 'n swembad en 'n vlugbalbaan op die landgoed. Flukse besoekers kan oefen by die gimnasium op die perseel en 'n wasgoeddiens word voorsien. Gaan maak gerus 'n draai in die speletjieskamer as die weer goor is.

'n Kort wandeling op die landgoed neem ou verby 'n luisterryke strandmeer tot by die strand. 1 Boboyi Mangrove Beach Estate is ook 'n ideale vakansiehuis vir die ouer garde en die slaapbank in die sitkamer is ideaal vir kinders. Spesiale reëlings kan getref word in hierdie gevalle.

Slaapplek

'n Bespreking by 1 Boboyi Mangrove Beach Estate sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Sitkamer

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 1 Boboyi Mangrove Beach Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 076 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za