10 2nd Avenue Houghton Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

10 2nd Avenue Houghton Estate is 'n luukse boetiekhotel wat in lowerryke ontwerperstuine versteek is en in die eksklusiewe woonbuurt, Houghton Estate, geleë is.

Die villa het 12 Luxury-kamers, 2 Executive-kamers en 'n Presidential-suite. Die 2 Executive-kamers en die Presidential-suite is in die oorspronklike huis en die ander 12 Luxury-kamers is om privaat binnehowe met sierfonteintjies geleë. Die moderne geriewe sluit WiFi en 'n koeldrank-kroegie in die kamers in.

Die villa het 'n raadsaal en 3 vergaderkamers. Die sjefs is altyd naby om smullekker disse voor te berei - van ontbyt tot middagete en onvergeetlike aandetes. Elke dis is perfek, of dit nou vir 'n spesiale geleentheid is en of jy nou spesiale dieetversoeke het.

Die elegansie van die eiendom en die sentrale ligging maak dit die ideale plek vir sakereisigers én vakansiegangers. 10 2nd Avenue Houghton Estate is gerieflik geleë binne 20 minute van O.R. Tambo Internasionale Lugahwe af, naby al die sakekerns van Johannesburg, Braamfontein, Rosebank en Sandton en dit word omring deur verskeie vermaaklike doendinge en besienswaardighede. Die villa is ook bekend aan miljoene TV-kykers as die Edward's Mansion van die gewilde Suid-Afrikaanse sepie, Egoli.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Nagportier
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Hongaars
  •  Portugees
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  24-uur Kamerbediening
  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 10 2nd Avenue Houghton Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 140 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za