111 On Heide
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Heideweg 111, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 5
- Vanaf R1 050 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
111 On Heide is 'n lieflike tweeslaapkamer-selfsorgeenheid op die grondverdieping van 'n gebou in Danabaai, Mosselbaai. Die eenheid bied slaapplek aan maksimum 4 gaste.
Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Albei slaapkamers het kasspasie. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.
Die hoofleefarea het 'n oopplan-ontwerp en beskik oor 'n kombuis, eetarea en sitarea. Die kombuis is met 'n vierplaatgasstoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n ontbyteiland in die middel met stoeltjies. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n slim-TV met WiFi. DStv, Showmax en Netflix is beskikbaar, maar gaste moet op hul eie rekeninge inteken.
Die eiendom spog met 'n lieflike erf met braaigeriewe voor die eenheid. Daar is veilige parkeerplek vir 1 voertuig op die perseel.
Die eenheid is 900 m se stap van Danabaai se tweede strand af.
Die eenheid het 'n kragomskakelaar en battery en word nie deur beurtkrag geaffekteer nie.
Slaapplek
’n Bespreking by 111 On Heide sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
Dienste
- Koordlose internet
Badkamer
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Ligging
- Heideweg 111, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
- Gaste dink 111 On Heide het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Heideweg 111, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 5