Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

141 Fagan Street

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Faganstraat 141, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

141 Fagan Street is 'n ruim selfsorgvakansiehuis in die hartjie van Strand. Dit is ideaal vir 'n groot groep vriende of 'n gesin aangesien dit net 220 m van die strand af is en met 'n lieflike swembad op die perseel spog.

Die dubbelverdieping-villa bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 en suite-slaapkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n spa-bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die ander 3 badkamers het elk 'n bad en 'n stort. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.

Die leefarea met lugversorging beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n koffiemasjien toegerus is. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër in die opwaskamer. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek en 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV met Showmax en Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar.

Op die boonste verdieping is daar 'n kuierarea met 'n tweede TV-sitarea, 'n pooltafel en 'n kroeg. Dit lei na 'n lieflike balkon met sitplek. Gaste het toegang tot veilige onderdakparkeerplek in 'n dubbeltoesluitmotorhuis, 'n lieflike swembad en braaigeriewe.

Die swembad het nie 'n bedekking nie en alle gaste is verwantwoordelik vir mense en kinders in en om die swembadarea.

Slaapplek

’n Bespreking by 141 Fagan Street sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Verekombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Ligging

  • Faganstraat 141, Strand, 7140, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R4 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Faganstraat 141, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA74e14ba64f6ab5b422d08353f950586c50d1b6d4cb5a4793051df4862e3a02c3ac29c9d2f6dbc4e339c494e2cb4a9d8f9918?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 500 per nag (plek vir 8) 141 Fagan Street Strand 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-17:00 10:00 -34.10682027835 18.82229472709
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem