Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

14@Karee

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kareelaan 14, Stilbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

14@Karee is 'n eenheid naby die strandmeer in Stilbaai-Wes, Wes-Kaap. Hierdie stylvolle studio woonstelle (“bachelor flats”) met private ingang en balkon, bied 'n asemrowende uitsig van die Goukourivier en blou see in die agtergrond. Die rivier is 500 m ver, strande 2.3 km ver en die hoof sakegebied 1.2 km ver. Beslis ideaal vir ‘n rustige vakansie. Aangesien ‘n stel trappe na die akkommodasie op die boonste vloer lei, is dit nie geskik vir jong kinders nie.

Elke rookvrye woonstel het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor ‘n slaaparea met ‘n koningingrootte-bed, ‘n leefarea met ‘n rusbank, gemakstoel, tafel met stoele, slim-TV met DStv en ‘n kombuisarea. Die en suite-badkamer bied ‘n stort, toilet en 'n dubbelwasbak. Die kombuisie is met 'n opwasbak met warm en koue water, yskassie, mikrogolf, ketel, induksieplaat, broodrooster, koffiedompelpot (“plunger”), die nodige eetgeriewe, kooktoerusting en kombuisbestanddele toegerus. Vir gerief is daar ook ‘n strykplank, strykyster, gasverwarmer, staanwaaier en ruim ingeboude kaste. Bedlinne en handdoeke word voorsien, maar bring asseblief eie strandhanddoeke. Die eenheid se buitedeure open op ‘n privaatbalkon met stoepmeubels en gasbraai.

Gratis WiFi, veilige parkeerplek en addisionele kragvoorsiening is op die perseel beskikbaar.

Gaste kan aktiwiteite soos visvang, wateraktiwiteite, voëlkyk, fietsry en staproetes geniet.

Die dorp bied ook verskeie historiese besienswaardighede, ‘n verskeidenheid winkels, restaurante en koffiewinkels.

Kamer-opset

Kapasiteit: 2 Aantal kamers: 1 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet

Kenmerke

Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir 14@Karee
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Maria Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 8 maande

Ligging

  • Kareelaan 14, Stilbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
  • Gaste dink 14@Karee het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kareelaan 14, Stilbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAde7a0eaec713492cd8d3b757d461cc5d0ae3b4e980dd4c0d0d360fb3eae80766c9d5c35d0f2cc61a9be4372f52040707370f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 14 Kareelaan Stilbaai-West 6674 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.359962982163 21.408882219361
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem