Brenton Park Sweet 16
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kapt. Duthie-laan, Brenton Park 16, Lake Brenton, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Vanaf R2 400 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
16 Brenton Park is 'n selfsorgkothuis in Brenton Park in Lake Brenton, Knysna. Brenton Park is veilig en het 'n rustige en ontspanne atmosfeer. Dit is net 'n kort entjie van die strandmeer en jetty af en is naby Brenton-on-Sea se strand wat net oor die heuwel is. Knysna is sowat 15 km se ry daarvandaan.
Binne Brenton Park is daar 2 tennisbane, kroukiebane, 'n swembad, kinderspeelarea, wasmasjiene wat met munte werk en lieflike, oop grasperke.
Die siersteenkothuis het slaapplek vir 9 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die onderdakstoep lei na die vierde slaapkamer met 'n stapelbed en 'n enkelbed, wat vir beide ouer kinders en jong volwassenes geskik is.
Hierdie slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed, stapelbeddens of enkelbeddens. Daar is bad- en stortgeriewe in die huis beskikbaar. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, 'n mikrogolf, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoele. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitkamer het 'n gerieflike sitkamerstel en 'n TV. Die kothuis het ook 'n onderdakstoep met braaigeriewe.
Dit is in 'n pragtige tuin met tarentale, hasies, 'n paar bosbokke en ’n volop voëllewe geleë. Daar is verskeie restaurante en 'n winkeltjie naby die kothuis.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Forex
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Cheryl Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 22
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Kapt. Duthie-laan, Brenton Park 16, Lake Brenton, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Gaste dink Brenton Park Sweet 16 het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Lake Brenton Knysna Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kapt. Duthie-laan, Brenton Park 16, Lake Brenton, Knysna, 6570, Wes-Kaap