Bikini Beach Holiday Home
- Kapasiteit: 11 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 171, Gordonsbaai, Kaapstad, 7200, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 300 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Bikini Beach Holiday Home is 'n vakansiehuis in Gordonsbaai met slaapplek vir 11 gaste, reg teenaan die strand.
Bikini Beach Holiday Home is op die strandfront en beskik oor 4 slaapkamers waarvan 3 op die boonste verdieping geleë is. Die eerste slaapkamer het ’n dubbelbed en ’n en suite-badkamer met ’n stort. Die tweede kamer het ’n dubbelbed en die derde slaapkamer het ’n dubbelbed en en suite-badkamer. Buite is daar ’n slaapkamer met 2 enkelbeddens en ’n en suite-badkamer met ’n stort. Daar is ’n gesinsbadkamer met ’n bad, stort, wasbak, wasmasjien en ’n aparte gastetoilet.
Die kombuis is met 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser toegerus. Gaste kan etes in die eetarea geniet. Die sitarea het ’n platskerm-TV wat 48 duim groot is met DStv Now en Netflix. Daar is ook ’n radio, ysmasjien, yskassie en lugversorging. WiFi word voorsien.
Joy's Cabin is agter Bikini Beach Holiday Home en het 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n enkelbed vir 1 kind. Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolf, tweeplaatstoof en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale en gratis WiFi.
Bikini Beach Holiday Home het 'n groot patio voor die sitkamer met 'n uitsig oor die see en 'n braaiplek in die agtertuintjie. Daar is ook 'n dubbelmotorhuis op die perseel met ekstra parkeerplek vir 2 voertuie. Let daarop dat daar 'n hoogte-beperking vir voertuie in die motorhuis is.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Juanita Geverifieer
Eiendomme 37
Resensies 84
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Kusweg 171, Gordonsbaai, Kaapstad, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink Bikini Beach Holiday Home het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Gordonsbaai Mountainside Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 11 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 171, Gordonsbaai, Kaapstad, 7200, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom