LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 1932 House | LekkeSlaap
+81

1932 House

6 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: H/v Bramwell- en Fritz Lange-straat, Walvisbaai, 0000, Erongo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R950 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

1932 House is 'n gastehuis wat stapafstand vanaf die strandmeer in Walvisbaai, Namibië se vernaamste hawedorp is. Walvisbaai is in die hartjie van die oeroue Namib-woestyn. Die kontras tussen die Atlantiese Oseaan aan die een kant en die skouspelagtige sandduine aan die ander kant maak dié omgewing werklik uniek. Die natuurlike strandmeer is een van die grootste in die wêreld, met 'n 3 km lange promenade wat langs dit strek. Dit is 'n internasionale Ramsar-bewarea met baie voëls.

Ons bied verblyf in 7 ouwêreldse gastekamers met en suite-badkamers. Elke kamer het 'n koninggrootte-bed, koningingrootte-bed of 2 enkelbeddens. DStv-Hotelpakket en WiFi is beskikbaar.

Daar is ook selfsorg-woonstelle wat aan die huis geheg is. Elke selfsorg-eenheid het 'n volledige kombuis, 'n sitarea, badkamer, en 'n solderkamer met 2 ekstra beddens vir kinders. Elke eenheid het ook 'n privaat buite-area en toegang tot die swembad en braaiplek.

Ontbyt word daagliks bedien. Ontbyt- en middagetepakkies, asook aandetes is op versoek beskikbaar teen ekstra koste.

Die swembad en braaiplek is tot gaste se beskikking. 'n Wasgoed- en pendeldiens kan op voorsien verskaf word, en ons kan dagtoere en huurmotors vir gaste reël.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 6 resensies vir 1932 House
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • H/v Bramwell- en Fritz Lange-straat, Walvisbaai, 0000, Erongo
  • Gaste dink 1932 House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R950
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: H/v Bramwell- en Fritz Lange-straat, Walvisbaai, 0000, Erongo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAl7lBamK237e5dLlfeDHOXfYuLpJoPZak9PMW1SzbxbSbUfEPPL?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R950  per nag (vir 2 persone) 6 5 1 5 Cnr Bramwell and Fritz Lange Streets Walvis Bay 0000 Erongo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -22.964732 14.491305
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!