2 Atlantic Shores

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

2 Atlantic Shores is 'n selfsorgwoonstel in Bloubergstrand wat gesellige, smaakvol versierde leefareas en 'n asemrowende uitsig op Tafelberg en oor die Atlantiese Oseaan bied. Die woonstel is ideaal vir 'n gesin, 'n klein groep vriende of sakereisigers wat Kaapstad besoek.

Die woonstel is in 'n veiligheidskompleks en toegang word deur middel van 'n afstandbeheer en 'n interkomstelsel verkry. Die woonstel strek oor 3 verdiepings en beskik oor 4 slaapkamers met slaapplek vir tot 8 gaste. Dit is gerieflik geleë naby verskeie restaurante, koffiewinkels en kuierplekke.

Die boonste verdieping het 3 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n see-uitsig en 'n koninggrootte-bed, lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n see- en 'n berguitsig en 'n koninggrootte-bed wat as 2 enkelbeddens opgemaak kan word. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Hierdie verdieping het ook 'n volledige badkamer met 'n bad en 'n stort en alle linne en handdoeke word voorsien.

Die middelste verdieping het 'n asemrowende see- en berguitsig en beskik oor 'n oopplan-leefarea en -eetarea. Die sitarea het gemaklike rusbanke, 'n koffietafel en 'n TV met sekere DStv-kanale, en die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste. Hierdie vlak het ook skuifdeure en lei na 'n groot balkon met kunsgras, tuinmeubels en braaigeriewe. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n skottelgoedwasser, 'n yskas, stoof, oond, mikrogolfoond en verskeie kookgeriewe. Daar is 'n aparte gastetoilet op hierdie verdieping.

Die ingang is op die grondvloer. Daar is ook 'n vierde slaapkamer, 'n binnehof en wasgoedgeriewe op hierdie verdieping. Die dubbelmotorhuis het 'n outomatiese deur en bied direkte toegang tot die woonstel se grondvloer. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is optiesevesel-WiFi deur die hele woonstel.

Bloubergstrand is 'n fantastiese bestemming vir watersport-entoesiaste wat wil seilplankry of vlieërbrandrry. Dit is net 12 km vanaf die naaste wynroete en 18 km vanaf Kaapstad se sakekern en die V&A Waterfront.

Slaapplek

'n Bespreking by 2 Atlantic Shores sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Ondervloerse verhitting

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 2 Atlantic Shores gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za