2 Tom Brown Boulevard

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

2 Tom Brown Boulevard is in die vakansiedorpie St. Francisbaai geleë en bied gerieflike verblyf in 'n gastekamer op 'n residensiële erf waar die eienaars ook woon. Die kamer het 'n see-uitsig en is ideaal vir gaste wat op soek is na rustige verblyf op 'n mooi plek. Fisante, tarentale en 'n groot verskeidenheid inheemse voëls besoek gereeld die tuin en daar is ook muishonde, muskeljaatkatte en bokkies.

Die gastekamer is geskei van die hoofhuis met 'n skakeldeur wat gesluit word en beskik oor 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort en 'n toilet. Sagte handdoeke, seep en sjampoe word voorsien.

Die kamer het ook tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie, mikrogolfoond, broodrooster, breekware, eetgerei vir 2 en 'n elektriese kombers. Daar is ook 'n TV met volledige DStv. Parkeerplek is in die beligte oprit voor die eenheid se deur beskikbaar.

Gaste kan strand toe gaan - dis veral gewild onder branderplankryers. Daar is heelwat restaurante en plaaslike winkels in die omgewing. Die gasheer is 'n kranige visserman en voëlkyker en is beskikbaar om enige raad te gee.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 2 Tom Brown Boulevard gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za