Shelly Beach Akkommodasie by 20 Kubu Bali | LekkeSlaap
+13
+13

20 Kubu Bali

Selfsorg
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Marine-rylaan, Shelly Beach, 2051, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

20 Kubu Bali bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n stylvolle drieslaapkamerwoonstel. Die woonstel is in 'n Bali-styl kompleks in Shelly Beach en het direkte toegang tot die strand.

Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste in 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad en strort en die ander 2 kamers het toegang tot die tweede badkamer. 2 van die slaapkamers het dubbelbeddens en die derde kamer het 2 enkelbeddens.

Die woonstel is oopplan en lugtig en gaste kan 'n see-uitsig vanaf die balkon op die tweede verdieping geniet. Elke kamer het 'n hoë-kwaliteit 'whisper-quiet' waaier. Die woonstel is só geleë dat dit teen die son beskerm is, dis daarom lekker koel.

Die ruim oopplan-sitarea het gemaklike sitplek, 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler. Die kombuis het granietoppervlaktes en is toegerus met 'n stoof, vierplaatstoof, yskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, toebroodjiemaker, 'n stykyster en strykplank, 'n wasmasjien en tuimeldroër.

Die onderdakbalkon het 'n gasbraai en 'n uitsig oor die kompleks se swembad. Gaste kan 'n kort entjie gaan stap en as hulle deur die privaat hek gaan, sal hulle die lieflike strand met rotspoele bereik ─ 'n lekker speelplek vir die jongspan.

Die kompleks is 1,2 km vanaf Shelly-sentrum en South Coast Mall, en 850 m vanaf Shelly Beach Skibootklub vir diesee-visvang, duik en walvis- en dolfynkyk-uitstappies.

Slaapplek

’n Bespreking by 20 Kubu Bali sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Ligging

  • Marine-rylaan, Shelly Beach, 2051, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Marine-rylaan, Shelly Beach, 2051, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAece252e502e01d65f05c3778963a334e870806049ac985ab5ad2e22a4fb88e295604c2f86c9b6107a987b37e4b1a7d7f5062?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (plek vir 6) Marine Drive Shelly Beach 2051 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-23:00 09:00 -30.802737239023 30.412930020524
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za