205 Laguna La Crete

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

205 Laguna La Crete is in die hartjie van Uvongo aan die Suidkus geleë en is binne loopafstand van die strand af. Hierdie pragtige eenheid het 'n balkon wat oor die oseaan en strand uitkyk waar jy dolfyne, walvisse en bote in die baai kan dophou.

205 Laguna La Crete is 'n selfsorg-eenheid met 2 slaapkamers en 2 badkamers en het slaapplek vir 5 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n enkelbed en 'n stapelbed. Elke slaapkamer beskik ook oor 'n waaier en 'n en suite-badkamer met 'n bad of 'n stort.

Die eenheid is volledig gemeubileer met 'n ruim oopplan-kombuis met al die nodige elektroniese kombuistoebehore, breekware en eetgerei. Die sitarea is toegerus met gemaklike rusbanke, DStv en groot glas-skuifdeure wat na die balkon lei waar gaste gerus die gasbraai kan benut.

Die kompleks het 24-uur sekuriteit op die perseel en elke eenheid het veilige parkeerplek vir motors en sleepwaens. Verder bied die kompleks ook 'n gemeenskaplike swembadarea, tennisbane wat maklik toeganklik is, gemeenskaplike braai-areas, kinderswembad en selfsorg-wassery.

Uvongo se strand, strandmeer en waterval is binne loopafstand van die eenheid en die kompleks het privaat toegang tot die strand. Die swemarea by die strand is beskerm met haainette en word deur lewensredders beveilig. Laguna La Crete is 3,5 km van Shelly Centre-winkelsentrum af en 3,7 km van Margate se strand af.

Slaapplek

'n Bespreking by 205 Laguna La Crete sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 205 Laguna La Crete gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R590 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za