207 Bay View - E23

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 30 Nov 2019 tot 1 Des 2019.

Beskrywing

207 Bay View is 'n selfsorgwoonstel aan die seekant van 'n kompleks in die hartjie van Hermanus. Dié gewilde vakansiedorpie lê aan die suidelike kus van die Wes-Kaap en is veral bekend vir sy walviskyk-geleenthede vanaf die land of per boot. Hermanus spog met pragtige natuurskoon, 'n matige klimaat, tientalle buitelug-doendinge, verskeie blomspesies en dis ook lekker naby Kaapstad wat dit die perfekte basis maak vir gaste wat die Kaapse Overberg wil verken.

Dié woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer aan die seekant het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n wasmasjien, tuimeldroër, skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. In die eetarea is daar sitplek vir 6 gaste. Die sitkamer het gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale.

Die leefarea spog met asemrowende uitsigte oor Walkerbaai. Gemeenskaplike braaigeriewe, 'n swembad en parkeerplek op die perseel is ook beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by 207 Bay View - E23 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 207 Bay View - E23 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 538 R2 284 per nag (plek vir 4)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 30 Nov 2019 tot 1 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za