22 Protea

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

22 Protea Place skuil teen Gordonsbaai se berge en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n lieflike drieverdiepinghuis met 'n uitsig oor Valsbaai en op Helderberg in die verte.

Dié moderne huis is oopplan met 'n hoë plafon, groot leefareas en glasskuifdeure met 'n panoramiese uitsig vanaf elke kamer. Jy kan aan die voorkant of vanaf die motorhuis die huis op die boonste verdieping binnegaan. Daar is 2 hoofslaapkamers en 2 ander slaapkamers met 'n koninggrootte-bed, en suite-badkamer en privaat balkon. Elke hoofslaapkamer het 'n bad en stort, asook 'n TV. 1 van die gastekamers het 'n kombuisie.

Die ruim oopplan-kombuis, -eetarea en -sitkamer is op die middelste verdieping. Die etenstafel het sitplek vir 12 en die sitkamer het 'n rusbank, TV en kaggel. Die kombuis is volledig toegerus met 'n induksiestoof, oond en yskas-vrieskas, asook 'n wasmasjien en skottelgoedwasser in die opwaskamer. Hier is nog 2 slaapkamers met koninggrootte-beddens en privaat balkonne. Die een slaapkamer het 'n en suite-badkamer en daar is nog 'n badkamer wat gedeel word.

Daar is 'n onderdakbalkon met braaigeriewe en 'n see-uitsig, asook 'n stil skadu-binnehof agter.

Gaan af by die trap vanaf die hoofleefarea via 'n veiligheidsdeur na die swembad met 'n berg- en baai-uitsig. Daar is sonstoele op die sondek en regs is 'n TV-kamer met sitplek en 'n kombuisie met stapeldeure. Daar is ook 'n stort en aantrekkamer. Daar is 'n TV met DStv Premium-kanale, DVD-speler en WiFi. Die huis het ook teëls met ondervloerse verhitting.

Slaapplek

'n Bespreking by 22 Protea sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 6 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 22 Protea gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R10 500 per nag (vir 12 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za