27 on Klein Bron Avenue

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

27 on Klein Bron Avenue is 'n selfsorgvakansiehuis wat op die veilige Kleinbron Landgoed in Durbanville in Kaapstad se Noordelike Voorstede geleë is. Kleinbron is binne 'n 2 km-radius van die Cape Gate Winkelsentrum, MediClinic, die Virgin Active-gimnasium, Spar-sentrum en Makro. Dit is ook naby die N1-snelweg.

Die huis het slaapplek vir tot 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak. Die ander 3 slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed. Die tweede badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.

Die ruim kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies en 'n opwasarea met 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste, terwyl die sitarea 'n gemaklike rusbankstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale het.

Die leefarea bied toegang tot 'n lieflike patio met 'n houtetenstafel wat sitplek vir 8 gaste het. Die patio kyk uit oor die ruim, beskutte tuin en swembad. Daar is 'n ekstra sitarea wat ook 'n TV met sekere DStv-kanale het. Die huis het 'n binnebraai en 'n draagbare braai buitekant. Daar is 'n parkeerplek beskikbaar in die dubbelmotorhuis, in die oprit en langs die huis.

Die huis is slegs beskikbaar vir besprekings van die 15de Desember 2017 tot die 10de Januarie 2018.

Slaapplek

'n Bespreking by 27 on Klein Bron Avenue sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 27 On Klein Bron Avenue gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za