LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 29 On Tait Guesthouse | LekkeSlaap
+33

29 On Tait Guesthouse

Gastehuis

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 6 resensies vir 29 On Tait Guesthouse
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5
Marianna S - Aug 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marianna S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was home from home.

Suzanne was uiters behulpsaam, akkommoderend, vriendelik en gasvry. Om in haar gastehuis te bly is 'n voorreg en wonderlike ervaring. Haar kamers is smaakvol gemeubileer met die mooiste hekelkomberse, pragtige matte en skilderye. Ontbyt is 'n ervaring. Sy sal alles doen om jou tuis en gemaklik te laat voel.

Zelda B - Mrt 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Zelda B
Enkelreisiger

Perfek geposisioneerde juweel.

29 on Tait is ’n liefderik gerestoureerde Art Deco-huis wat uit die 1930's dateer. Die pragtige tuin vol beeldhouwerk en draadkuns laat ’n mens dadelik besef: hierdie is g'n gewone ruimte nie. Wanneer jy by die huis instap, slaan die kunsversameling, die tapyte, die handgemaakte gehekelde dekens oor die beddens jou asem weg. Maar die kersie op die koek is Suzanne, die vriendelike, stil gasvrou wat jou met hemelse ontbyte en presies die regte hoeveelheid aandag bederf. My kamer was ruim en ouwêrelds met ’n pragstuk van ’n bed. Daar was ’n lessenaar waar ek in stilte kon werk en die WiFi was blitsig. Die ligging was perfek en ek moes nooit meer as 10 minute ry om na enige van my vergaderings te gaan nie. 29 on Tait sal my weer en weer sien.

Debbie V - Mrt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Debbie V
Enkelreisiger

Gasvryheid op sy beste!

Suzanne gaan uit haar pad om dit aangenaam te maak! Ek sal enige tyd weer teruggaan. Daar is kalmte in die middel van die stad.

Hanlie M - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hanlie M
Enkelreisiger

Rustige, pragtige blyplek waar ek na 'n spanningsvolle dag kon ontspan.

Dit was 'n belewenis om hier te kon oorslaap. Suzanne is voorwaar 'n engel, soos die in haar tuin en het die gawe om mens rustig en kalm te hou.

Engela S - Nov 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Engela S
Enkelreisiger

Wonderlike verblyf.

'n Baie kreatiewe en kunstige gasvrou wat 'n perfekte ontbyt kon voorberei.

Tilla K - Feb 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tilla K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Absoluut perfek vir die doel waarom ons Pretoria besoek het!

Dankie Suzanne, dit was baie lekker om daar te kon oornag. Ons wou 'n plekkie naby die Urologie Hospitaal gehad het, en wraggies, LekkeSlaap was perfek vir ons doel. Die plek was binne stapafstand en baie veilig. Het eerlik soos ons huis weg van die huis gevoel.

Vanaf
R940
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R940
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R940
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 29 Tait Straat, , Pretoria, 0082, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZmYzc4Yzc2LTgxOWYtNGMzMS1hYTE1LWVhYzUxNThlNDkxZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R940  per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 29 Tait Street Colbyn 0082 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.741203 28.23846
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!