Pick your preferred language

English

Afrikaans

Ons ervaar tegniese probleme wat ons telefoonlyne affekteer. Stuur asb. vir ons 'n e-pos na besprekings@lekkeslaap.co.za
+45
Selfsorg in Calitzdorp

3 Queen Street

4 gaste

2 slaapkamers

4 beds

2 badkamers

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 4 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 3 Queen Street, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

3 Queen Street is 'n ruim Karoo-huis met slaapplek vir 4 gaste in Calitzdorp.

Die lieflike huis het 2 slaapkamers met lugversorging en elke slaapkamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, en die tweede slaapkamer gebruik 'n stortkamer met 'n wasbak en toilet in die gang. Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas en skottelgoedwasser toegerus. 'n Nespresso-masjien (met koffie), ketel en broodrooster is ook beskikbaar. Daar is 'n aparte eetkamer met tafel en stoele, tafeldoeke, servette en plekmatjies. Daar is 'n wasmasjien, strykyster en -plank en 'n wasgoedrak.

Die sitkamer het 'n TV met DStv, verskeidenheid DVD's, WiFi en verskeie boeke.

Die perseel is ten volle omhein en het 'n ontwikkelende vetplant- en inheemse tuin, swembad en onderdakparkeerplek. Let asb. dat rook verbode is. Opgeleide en goedgemanierde troeteldiere is welkom indien daar vooraf gereël word.

Calitzdorp is op Roete 62 en bied verskeie wingerde, wynkelders en trekpleisters soos die Calitzdorp Museum, NG Kerk, asook voetslaan- en 4x4-roetes.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Lugversorging
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 59 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Lelanie L
5.0
Fantasties! Ons het heerlik gebly. Die huis was baie mooi en goed ingerig. En die swembad was fantasties!
Des 2025
Daniel P
Saam met lewensmaat
5.0
Top gehalte luukse verblyf. Ons het soos altyd wonderlik gebly. Alles is altyd perfek.
Des 2025
Elsa D
Saam met lewensmaat
5.0
Vyfster verblyf. Pragtige huis - ten volle toegerus met swembad en wonderlike matrasse. Heerlike verblyf.
Nov 2025
Elsabe M
Saam met lewensmaat
5.0
Ons sal dit weer doen! Dit was heerlik! Super goed ingerig, baie stylvol. Pragtige kuns teen die mure, fantastiese linne en net lekker. Die swembad is...
Sien meer
Nov 2025
Liezel H
Saam met vriende
5.0
Pragtige ou huis met baie karakter. Pragtige ou huis met baie karakter. Al die nodige geriewe en 'n hele paar ekstras.
Okt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Jako Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 59

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 3 Queen Street, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
  • Gaste dink 3 Queen Street het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 250
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 250
per nag (plek vir 4)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 2 250
per nag (plek vir 4)
Bespreek

3 Queen Street, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 4 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA19700e42eb81636226f298bdb9f27ccbabae692dfa59ed0813bea7ef8c85833de7cf29fc43256166978ecc40efd65f71f0fe?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 250 per nag, vir 4 mense 59 5 1 5 3 Queen Street Calitzdorp 6660 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -33.5357011072 21.685345942956
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang